'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

30.4.20

Vuurvliegies bedreig

Die wêreldwye afname in insekpopulasies maak navorsers en die algemene publiek bekommerd. Daar is nog groot gapings in ons kennis van wat die insekte bedreig. Dit geld ook vir die amper 2000 plus spesies vuurvliegies.

Navorsers aan Tufts University in Amerika het onderneem om uit te vind wat die grootste bedreigings vir vuurvliegies is. Hulle het bevind dat onder die grootste bedreigings is die vernietiging van habitatte, kunsmatige lig en die gebruik van plaagdoders.

Die verlies van habitat is die grootste bedreiging, want vuurvliegies kan nie so maklik van omgewing verander nie. Kunsmatige lig ontwrig paring en voortplanting in verskeie spesies.

Die navorsing is gepubliseer in die joernaal BioScience.


’n Vroulike gloei-wurm (Lampyris noctiluca) sal ure lank skyn om haar maat aan te trek, maar helderder lig haar vooruitsigte aansienlik verminder.
(foto: Jason Steel - www.jason-steel.co.uk)

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe