'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

14.3.19

Stokinsekte leef voort, al eet voëls hulle

’n Stokinsek is ’n insek wat soos ’n blaar of ’n takkie lyk. Die meeste van die 600 soorte kom in tropiese streke voor en hulle kan tot 33 cm lank word.

Dit word algemeen aanvaar dat wanneer insekte deur voëls geëet word, hulle en hul nageslag geen kans het om te oorleef nie. ’n Span Japannese navorsers het egter die idee gehad dat die eiers binne die insek se liggaam dalk deur die voëls kan beweeg. Hulle het hierdie hipotese getoets met stokinsekte, bekend vir hul harde eiers, en het bevind dat sommige eiers ongedeerd uitgeskei word en suksesvol uitbroei. Stokinsekte kan nie baie ver reis op hul eie nie nie, as voëls geëet hulle eet, kan dit bydra tot die uitbreiding van hul habitat.

Die vermoë van insekte en diere wat nie vêr op hul eie kan reis om lang afstande af te lê, is ’n onderwerp wat selfs Charles Darwin laat kopkrap het.

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe