'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

29.11.18

Muise verander hul voorkoms

Honde, koeie, skape, perde, varke en voëls - oor die afgelope 15 000 jaar het die mens tientalle wilde diere mak gemaak om die mens te dien as plaasdiere of troeteldiere. Om byvoorbeeld mak honde te teel van wilde wolwe is die minste aggressiewe diere gekies vir teling. Nie net het die diere se gedrag met tyd verander nie, maar ook hulle voorkoms. Met verloop van tyd was dit nie net die gedrag van die diere wat verander het nie, maar ook hul voorkoms - met dieselfde veranderinge wat oor verskillende spesies ontstaan het.

’n Span navorsers het ’n spesifieke groep wilde muise in Switserland bestudeer oor sowat 15 jaar en bevind dat die muise wit kolle op hul pelse begin ontwikkel het en hul snoete korter geraak het, beide tipiese tekens dat ’n spesie mak gemaak is deur die mens. Daar was egter geen menslike inmenging by dié groep muise nie. Al hoe mense betrokke is, is dat die muise van kos en water voorsien word.

Dieselfde verandering van die pels en snoet het in ’n bekende studie in Siberië in 1959 voorgekom, die was egter ’n studie onder jakkalse.

Dit wil voorkom asof die nabyheid van mense genoeg is om ’n spesie in ’n sekere mate mak te maak en die fisiese veranderinge mee te bring. Veranderinge wat hulle “vriendeliker” laat lyk vir mense.


(foto: Linda Heeb)

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe