'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.17

Kaapse bobbejaan / Cape Chacma Baboon

Papio ursinus ursinus

Die Kaapse bobbejaan sal jy vind in die berge van die Wes-Kaap, ooswaarts tot by Knysna en Graaff-Reinet en noordwaarts tot sovêr as Vanrhynsdorp.

Hulle bly in groot troppe en verkies die berge en koppies. Snags slaap hulle in grotte en onder kranse en bedags soek hulle vir kos in die nabye omgewing. Hulle eet vrugte, sade, insekte, bessie, jong blare en is veral lief vir skerpioene. Jong mannetjies staan gewoonlik wag op ’n hoë plek terwyl die res kos soek. Hulle maak alarm as daar gevaar is deur te blaf. Dan maak die hele trop dit vir die koppe.

Waar hierdie bobbejane in nasionale parke voorkom het hulle hul vrees vir die mens verloor.


(foto: Bernard Dupont)

No comments:

Post a Comment