'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

22.9.15

Witvlerkkoningalbatros (of –malmok) / (Southern) Royal Albatross

Diomedea epomophora

Die witvlerkkoningalbatros word op enige ouderdom uitgeken aan die swart snykant van die snawel. Jong voëls het ’n kombinasie van donker vlerkrugkante, klein witterige vlekke naby die lyf op die vlerk, geen donker merktekens op die kop nie en ’n wit stert met ’n swart punt. Volwasse voëls is hoofsaaklik wit aan die onderkant met ’n pienk-geel snawel met die swart snykant.



No comments:

Post a Comment

Gewilde onderwerpe