'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

14.4.15

Dagga-lekkernye vir honde

Mediese dagga word lank reeds deur die mens gebruik vir sekere kwale. Sommige mense beweer dit kan ook vir honde gebruik word.

In die VSA is daar tans apteke wat begin het om dagga-lekkernye vir honde te ontwikkel. Troeteldier-eienaars staan glo tou om vir hulle siek diere eetbare lekkernye met dagga te koop om chroniese pyn en siektes te verlig.

Op hierdie stadium is daar egter nog geen voldoende wetenskaplike bewyse wat daarop dui dat dit die dagga help vir honde nie.

No comments:

Post a Comment