'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.9.13

Dink soos 'n duif

Duiweboere los hul duiwe enige plek, en die geveerde troeteldiere vind meesal hulle pad huis toe.

Dit is nog nie heeltemal duidelik hoe die duiwe dit regkry nie. Al wat ons weet is dat duiwe en ander voëls hul sin vir rigting kry by die aarde se magnetiese velde, die sterre en die posisie van die son.

Die kaart is egter in hul kop toegesluit – dit is onlangs bewys in 'n studie in die Joernaal vir Eksperimentele Biologie. Die studie het bewys dat duiwe min of meer altyd weet waar hulle is en dat hulle baie vinnig weet watter rigting om in te slaan huis toe. Die studie het ook bewys dat hulle kan besin oor 'n besluit oor waarheen hulle wil gaan, byvoorbeeld, wil hulle eers iewers gaan waar hulle weet hulle kan eet, of wil hulle dadelik huis toe gaan.



(foto UZH)

2 comments:

Gewilde onderwerpe