'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

10.6.13

Gewone duikstormvoël (Common Diving Petrel)

Pelecanoides urinatrix

Die duikstormvoëls is 'n familie klein seevoëls van die suidelike halfroend. Die voëls het kort nekke, vlerke en sterte. Hierdie voëls gaan deur 'n golf sonder dat dit lyk asof hulle spoed gebreek word. Anders sien jy hulle dryf soos dobbertjies op die water. As hulle begin vlieg moet hulle eers so 'n entjie op die water hardloop om te opstyg.

Op die oop see gaan jy maar sukkel om te verskeie soorte van mekaar te onderskei aangesien hulle hoofsaaklik net verskil in grootte. Die gewone duikstormvoël kom voor in klein groepies rondom die Tristan-, Prins Edward- en Marion-eilande.

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe