'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

6.8.12

Hoe om kos voor te sit vir jou papegaai

Goeie dag aan elkeen van julle,

Ek het ʼn paar interessante maniere gevind om ons kinders se kossies mee aan te bied. Dit hou hulle besig en gee hulle min tyd om aan hulle vere te dink en slegte gewoontes aan te leer.

Ek gee 'n kort opsomming van elkeen:

Groen soetrissie (Green peper)
Iemand het die wonderlike idee gehad om in die rondte om gate te maak - afhangende van die grote van jou papegaai se kop. Hy kan sy kop daarin steek om dit waarmee jy dit gevul het uit te kry.

Enige kleure kan gebruik word wat die kos aantreklik en interessant laat lyk, bv. Groen, geel, oranje of rooi soetrissie kan hiervoor gebruik word.

Vul dit met stukkies blomkool, wortels, groenbone, mielies, appels, of enige iets waarvan jou papegaaikind hou. Dit behoort hom te stimuleer en besig te hou vir ʼn hele dag. Plaas dit in ʼn bak, nie te diep nie. Hy moet dit gemaklik kan bykom.

Hierdie groentesoort is ongelukkig nie 'n gunsteling van alle papegaaie nie.

Lemoenpampoentjie (Gem squash)
Hierdie is net so ʼn uitstekende idee. Neem die pampoentjie, kook dit tot sag, maar steeds ferm. Skil en vul elkeen afsonderlik met verskillende geregte. Wortels wat met die skiller dun geskil is kan vir interessantheid bygevoeg word. Gee jou gedagtes vrye teuels en kyk hoe jou gaai-kind dit gaan geniet.

Blomkool

Gelukkig is dit nie nodig om hierdie groentesoort gaar te kook nie. Vul dit oral met nog rou groente, steek gaatjies in die stam en druk wortelstukkies in.

Bind dit hoog in die hok vas met ʼn leerbandjie en ʼn stewige hak sodat hy moet klouter om daarby uit te kom.

Gestopte wortel
Hier is net so ʼn oulike idee. Neem ʼn vars ferm wortel, maak oral gate in en stop met lekkernye. Neem ʼn sosatiestokkie, druk die een punt dwarsdeur na ʼn ander toe, bind ook vas met ʼn leerbandjie en heg vas met ʼn hak.

So moet hulle vrugte lyk
Hierdie is ʼn uitstekende voorbeeld van hoe die vrugte vir groter papegaai behoort te lyk. Vir die kleiner papegaai moet dit natuurlik kleiner gesny word, omdat hulle nie almal kos met die pootjie vashou nie.

Hierdie lyk smaaklik, die kleur is aanloklik en sal hulle aandag trek, en natuurlik sal die smaak ʼn treffer wees. Gebruik jou verbeelding en gee jou vere-kind ʼn verassing.

- Francien


1 comment:

  1. Ek het n african grey van so ongeveer 6 maande hy het tot nog onlangs pap geeet maar self begin speen. ek is egter baie onseker oor wat hy mag eet en wat nie. Veearts advies, geen groen! Avo en komkommer spesifiek?

    Ek het hom al rooi turksvy (klein stukkie) en nou stukkie groen turksvy. te laat besef dis groen? ? en dit het pitte.

    Hoop julle kan my help met moet's en moenie's?

    Groete

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe