'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

18.4.11

Jou African Grey se geslag

Wanneer jou African Grey vir die eerste keer verveer is dit moontlik om die geslag te bepaal.

Terwyl dit nie raadsaam is om hierdie metode te gebruik om die geslag van broeipare te bepaal nie, is dit geskik vir jou papegaai vriend wat nie altyd DNA of mediese toetse kan ondergaan nie.

Dis normaalweg maklik om die African Grey (Psittacus erithacus erithacus) se geslag te bepaal. Die mannetjies het gewoonlik'n soliede rooi stert, terwyl die van wyfies effense silweragtige punte het. Die toets is 90% van die tyd akkuraat. Nog 'n kenmerk is die onderkant van die African Grey mannetjie, wie se vlerke baie donker is, terwyl die wyfie ligter grys is. Hierdie is slegs van toepassing op die African Grey en nie die Timneh Grey (P. e. timneh) nie.

Hier volg ʼn paar duidelike voorbeelde van die onderkant van hulle sterte.

Mannetjie





Wyfie






2 comments:

  1. Hi, jy kan ook na die vorm van die kop en die oog kyk. 'n Mannetjie het 'n plat kop (heh), terwyl die wyfie s'n meer rond is. Die mannetjie se oog is ook meer die vorm van 'n lemoenpit terwyl die wyfie ook meer rond is.

    Ek het natuurlik geen probleem met my eclectus paartjie nie want die mannetjie is groen en die wyfie rooi ;)

    ReplyDelete
  2. Hi JP
    Dankie vir jou inligting, ons sal daarna oplet. O ja, geniet jou Eclectus paartjie, hulle is pragtige papegaaie.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe