'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

21.3.11

Alles oor vere

Francien Mare

As die oë die venster na die siel is, dan vir ’n voël, kan die vere as die venster na sy gesondheid geag word.

Daar is veel wat geleer kan word aangaande hulle gesondheid deur net hulle vere dop te hou en waarnemings te maak. Daar is sommige veertoestande wat normaal is, ander wat as gevolg van ververing voorkom, terwyl ander wys na ondervoeding en ook dat sekere siektetoestande teenwoordig is. Laat ons kyk na vere, hoe hulle groei, hoe ververing plaasvind en hoe siektes die voorkoms daarvan kan affekteer.

Ouderdom van die baba papegaai
Dit is moontlik om die ouderdom van die baba vas te stel deur die vorming van die vere, as jy kennis het aangaande die tyd wat verskillende vere hulle verskyning maak. Die baba budgie het gewoonlik swart of grys veerstrepe op die koppie wat tot heel voor tot op die voorkop strek en maak die ouderdomvasstelling makliker. Dis egter nie alle budgies wat strepe het nie. Die wat onlangs verveer het, het strepe tot by die neus. Soos hulle ouer word begin hierdie strepe hoër op teen die koppie beweeg. Sommige het donker pigmentasie wat na die snawel strek, wat ook ’n teken van ’n jong papegaaitjie is.

Sodra daar vir die eerste keer verveer is, verteenwoordig hierdie vere die van ’n volwasse papegaai s’n. Die kokketiel mannetjie sal die kolle op die vlerkvere verloor en strepe op stertvere ook, terwyl die wyfie dit behou.

Stresstrepe
Vir gesonde ontwikkeling van vere is genoegsame voedsel van uiterste belang. As daar ’n tydperk bestaan waar hierdie versteuring in die dieet plaasgevind het tydens veerontwikkeling, sal dit stresstrepe veroorsaak bo-op al die vere wat op daardie tydstip besig was om te ontwikkel.

Afhangende van hoeveel stresstrepe teenwoordig is op die ontwikkelende baba se vere, is dit ’n aanduiding dat die baba tydperke van slegte gesondheid ondergaan het, verkoue gehad het of nie genoegsame voeding ontvang het nie.

Ververing
Hierdie is ’n normale prosedure waar vere gereeld vervang en hernu word. Baba papegaaie word met donsies gebore, wat eintlik ’n spaarsame hoeveelheid donsvere is. Soos die baba groei, begin vere in die follikulus te vorm en is as donker kolle onder die vel waarneembaar. Soos hierdie veertjies deur die vel deurkom, is hulle omring van ’n laggie wat beskerming daaraan bied en sommige veertjies sal soos donspunte vooraf te voorskyn kom.

Die volwasse papegaai se ververing
Wanneer ’n voël verveer word die ou veer vervang met die nuwe een wat lyk asof die oue deur die nuwe veer uitgedruk is. Ververing vind gewoonlik een maal per jaar plaas, na broeityd, maar sommige kan meer gereeld verveer. Tydens die ververingsperiode moet daar geen bleskolle op die lyf sigbaar wees nie.

’n Ververende voël sal baie vere met waslagies toon, meer teenwoordig, of sienbaar, bo-op die kop. Daar word gewoonlik met die kop teen die hok se tralies geskuur en die rede hiervoor is dat die wasdoppies van die vere verwyder moet word, sodat ’n nuwe veer te voorskyn kan kom. As daar meer as een papegaai saam in een hok is sal hulle mekaar help met hierdie taak om waslagies te verwyder. Die vlerk en stertvere het ook vere met waslagies.

Links: - Die teenwoordigheid van bloedvere, wat aktiewe groeiende vere is, hulle vervang vere wat uitgeval het tydens ververing. Bloedveer het ‘n sagte blou-pers waslaggie, met bloed wat aktief daardeur beweeg wat die groeiproses handhaaf.

Indien ’n bloedveer beskadig of beseer is kan dit bloeding veroorsaak en moet die papegaai veearts toe geneem word. Indien jy die kundigheid het kan hierdie bloeiende veer net uitgetrek word en drukking op die plek geplaas word. Sou hierdie veer teen die liggaam afgebreek wees moet daar ’n professionele persoon dit hanteer om dood te voorkom.

Regs: - Hierdie veer is beskadig en bloed sypel uit. Die veer moet uigetrek word en dan drukking tussen twee vingers daarop geplaas word om bloedbeheer uit te oefen. Gewoonlik sal die bloedverlies gestop kan word op die wyse.

Vuil of beskadigde vere
Pigmente in sommige vere kom voor asof daar fout is terwyl dit nie altyd die geval is nie. Daar is tye wanneer die dieet nie korrek is nie, metaboliese probleme bestaan, ens. Wanneer die hok te klein is vir die grootte van die papegaai, wat dan weer stert en vlerkvere ernstig beskadig en ernstige pigmentasieprobleme kan ontstaan. Sou daar pigmentasieprobleme wees wat vere vuil laat voorkom moet daar eers na verskeie oorsake gekyk word, want dit kan ou vere wees wat nog nie verveer het nie.

Nog ’n rede is dat daar ’n oormaat van “mooimaak” van vere plaasvind, wat weer na ’n tyd die verlies van pigmente in vere veroorsaak. Die vuil merke aan die wit cockatoo papegaai, kan as gevolg van natuurlike olies in die mens se hande wees wat oorgedra word na hulle vere.

Papegaaie beskadig ook hulle vere in ’n groot mate wanneer daar gespeel word op die rug, of onderdeur hulle speelgoed beweeg word. Dit veroorsaak dat vere rof en onversorgd laat lyk.

Regs: - ’n Duidelike voorbeeld van ’n papegaai wat met sy mens-ouer speel, op sy rug, en ook met speelgoed doenig raak. Hier is geen ander rede hoegenaamd nie.


Kleurverandering van vere
Papegaaie wat met sekere voedselsoorte oorvoed word, of nie gebalanseerd eet nie, se vere is geneig om te verkleur. ’n Goeie dieet verhoed dit.


Links: - So lyk die papegaai met ’n te klein hok se vere. Afgebreek deur ’n tekort aan beweegruimte.

27 comments:

  1. Haai Fransien kan jy my asb raadgee my ringnek pappegaai is amper ‘n jaar oud hy kry ‘n goeie pappegaai mengsel appel droe vrugte springmielies en rys ek gee ook vir hom ‘n stropie by sy water 3 keer per week.

    Dit gereeld dat hy sy vere uittrek maar net aan die regterkant wat kan ek nog doe nom dit te voorkom en hoekom doen hy dit.

    Groetnis

    ReplyDelete
  2. Hallo Ina
    Daar is soms verskeie redes waarom papegaaie hulle ver uittrek, maar dit kan ook wees dat hy ‘n tekort het aan Vitamien A het. die beste wat ons kan voorstel is dat jy hom na ‘n veearts toe neem om vas te stel wat die probleem is. Kyk na die inligting onder African Grey se kos wat gegee moet word en gee daarvan ook aan hom.
    Sterkte
    Francien

    ReplyDelete
  3. Mariana Snyman13/4/11 10:55

    MORE EK WIL GRAAG WEET OP WATTER OUDERDOM KAN EK MY GREY NOU 9 WEKE UOD SE NAELTJIES LAAT KNIP EN WANNEER MOET EK DIE VLERKE LAAT KNIP EKS NUUT OP DIE BLOG

    ReplyDelete
  4. Hallo Mariana
    Jou baba is nog te klein om nou al oor die dinge bekommerd te wees. Eers wanneer hy om en by 4-5 maande, selfs ouer is, kan jy hom veearts toe neem om jou daarin by te staan. Hy is nog vir ‘n hele paar maande in ‘n grootword proses gewikkel en bepaal jou liewer by sy opleiding, versorging in die regte voedsel, voordat jy jou kop hieroor breek. Kyk dat hy alles kry wat nodig is om hom gelukkig te hou in sy hok en jy sal met tyd sien wanneer hierdie singe nodig geword het. Laat weet maar as daar nog ander dinge is waarin ons jou kan raad gee.
    Geniet jou baba.
    Francien

    ReplyDelete
  5. Hallo Francien

    Ek het 'n 3 jaar oue "Umbrella Cacatoo". Die laaste 4 maande begin hy om veral sy vlerk en stervere af te byt (Hy trek dit nie uit nie) dit is nou al so erg dat hy gladnie lang vere op sy vlerke het nie en ook geen stertvere nie. Ons behandel hom gereeld teen parasiete en ontwurm hom gereeld. Ons gee ook vir hom vitamien aanvullings. Hy kom baie uit sy hok ens. HELP ASB.
    Sonet

    ReplyDelete
  6. Hallo Hattie
    Ons het die afgelope tyd heelwat verwante navrae gehad met julle twee s’n en het daarvan ʼn punt gemaak om te probeer vasstel wat die moontlikeheid van ʼn enkele antwoord hierop kan wees. Ongelukkig is dit nodig dat daar oor ʼn tydperk na die betrokke papegaai deur ʼn veearts omgesien moet word, om vas te stel wat die oorsaak kan wees. ʼn Veearts het my verseker dat verskeie invloede die oorsake kan wees en nie sommer met die eerste oogopslag ʼn antwoord verskaf kan word nie. Dis duidelik as een medikasie of behandeling nie werk nie, moet daar na verskeie ander gekyk word. Een vraag wil ek julle egter vra. “Was daar enige vreemde voëls wat nie deel van julle huishoudings is nie, by julle aan huis, of was julle weg waar daar ander teenwoordig was?” Hierdie kan ʼn moontlikheid wees van ʼn swaminfeksie wat oorgedra was en dit nog net nie deur die veearts opgetel was nie.
    Julle moet ʼn punt daarvan maak om julle kinders herhaaldelik na ʼn veearts toe te neem as daar nie dadelik resultate is nie. Ja, ek besef dis duur, maar hulle is dit werd.
    Soos ek genoem het, is daar verskeie oorsake, maar hou aan soek na die antwoord.
    Sterkte met julle kinders.
    Francien

    ReplyDelete
  7. Hi daar ek wil net weet asb my mamma se koketiel plik sy vere onder di veer uit wat kan di rede wees? Hy maak so as hy in sy hok is mar as hy buite di hok is doen hy dit glad nie hoekom?

    ReplyDelete
  8. Hi, ek wil ook graag weet het my budgie al lank en hy het so rukkie terug, dit lyk so 'n groot deurskynen blaas agter sy nek. Weet nie wat dit is nie en wat om vir hom in te gee nie.........

    ReplyDelete
  9. Anonymous3/2/13 11:39

    My african grey is 8 weeks old. When do I clip his nails and wings. I'm so afraid he strart flying and would brake my heart. And he has n sneeze cough like sound is it normal, or should I take him to the vet?

    ReplyDelete
  10. Anonymous18/2/13 14:32

    ek het n African Grey gekry maar as ek naby hom kom dan blaas hy sy vere op
    hoekom gebeur dit

    ReplyDelete
  11. Anonymous16/3/13 17:36

    Hello Francien

    By Ringnekke hoe onderskei n mens tussen n mannetjie en n wyfie?

    My man het n Kokketiel wat sy hare/vere onder sy nek uit trek,
    Wat kan die oorsaak wees? Sal jy asb vir my n e-mail kan stuur na
    ALourens@sars.gov.za

    ReplyDelete
  12. Anonymous23/3/13 11:06

    Hallo

    Kan iemand my dalk help met hoe ek my koketiel se vere moet knip. ek wil hulle nie seer maak nie. Dit is ons nuutste byvoeging tot die familie, maar ons weet maar min. Asb

    Dankie
    admin@teamjcministries.co.za

    ReplyDelete
  13. Anonymous3/5/13 19:45

    Hi Francien
    My African Grey papegaai pluk sy vere en die laaste paar dae het hy al sy rooi stert vere ook uit gepluk . Help want ek is bang dat hy siek is dat hy dit dalk doen .
    Dankie
    Sylvia

    ReplyDelete
  14. Anonymous30/7/13 12:40

    Watter ouderdom word kokketiele se vlerke geknip? My baba is so 6-7 weke, hy kan al vlieg en ek is bang hy beseer om as hy in die kamer vlieg. Dankie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/7/13 12:49

      Vlieg is natuurlik vir jou baba en boonop gesond. As jy dit steeds wil knip kan jy dit nou doen. Vra 'n ervare person om jou te wys hoe, bv die vearts.

      Delete
  15. Anonymous13/2/14 08:24

    Ek het 'n budgie wat sy vere pof en baie (Slaaaaap). Dit is iets wat hy nou onlangs doen. Ons wonder hoekom sal hy dit doen???

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/2/14 10:52

      Dit is soms 'n teken dat hy siek is. Ek sal hom vearts toe neem as ek jy is.

      Delete
  16. More Francien

    Ek is nuut op die blog, en wil graag wee twat se vitamines moet ek vir my budgies gee, ek het ‘n baie groot hok met paar budgies
    In, het ook vir hulle hokkies in vir die as hulle wil broei. Is daar iets wat ek vir hulle ekstra kan gee vir broeityd of hoe maak ek.

    Baie dankie vir al die inligting.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/5/15 14:40

      By veartse en sommige troeteldierwinkels kan jy klaargemaakte mengsels van die regte vitamines kry.

      Delete
  17. Gee my raad. Ek het 2 kokketiele maar net die mannetjie trek al sy vere uit. Glad nie die wyfie nie. Ek raak egter bekommerd want hy lyk al soos n kaal geplukte hoender. Wat kan die fout wees?

    ReplyDelete
  18. Hi julle...Ek het n kokketiel..hoe weet jy of dit n wyfie of mannietjie is?

    ReplyDelete
  19. Dagse. Ek is Patrick en het duiwe maar ek sien dat n paar van my duiwe se vlerke afgebreek is of by die punte van die vlerke afgebreek en uitgehap is. Enige raad asb tog.

    ReplyDelete
  20. Hoe lank vat dit vanaf n koketiel gebore is tot en met j haar by n manniekie kan sit en sy dan eiers le??

    ReplyDelete
  21. Hoe lank vat dit vanaf n koketiel gebore is tot en met j haar by n manniekie kan sit en sy dan eiers le??

    ReplyDelete
  22. Goeie dag My african grey is 5 jaar oud Hy gee vreeslik baie fyn donsies (veertjies) af Die vertrek waar hy is, is gereeld vol donsies Dis soos stoffies As iemand my asb kan raad gee

    ReplyDelete
  23. Help asseblief my Ringnek pluk sy vere die heeldag uit. Ek gee hom Ringnek Pappegaaikos en het hom n appel per dag gegee, het die appel gestaak aangesien ek gedink het dit is dalk te veel suur. Gee hom ook vitamienestroop in sy water. Dankie Elmarie

    ReplyDelete
  24. My mannetjie ring nek het baie gevoer en was baie woelig gedurig op my skielik slaap hy amper heeldag praat min en vere val uit,wil ook nie sommer na my toe kom, drink en eet nog baie

    ReplyDelete