'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.9.10

Raad vir vel- / pelstoestande by honde

Indien jou hons se vel probleme het moet jy klein hoeveelhede smeerwortel by sy kos voeg. Smeerwortel verbeter die voorkoms van 'n hond se pels.

13 comments:

  1. Anonymous8/2/12 10:11

    Ek het ook 'n vraag ek het 'n tefie pekeninges en haar hare is lig en sy kry sulke uitslae dit lyk soos puisetjies en dan byt sy haar self soos dat die bloed loop maar dit word gou we gesond maar sy kry vir niks 'n uitslag, Wat kan dit wees en wat kan ek haar gee

    ReplyDelete
  2. Anonymous13/2/12 10:51

    Dit kan 'n aanduiding wees van 'n allergie. Probeer vasstel wat dit veroorsaak. Jy kan begin deur haar kos te verander, of te kyk of daar iets in haar omgewing is wat haar irriteer.

    ReplyDelete
  3. Joanette5/4/12 16:25

    Ek het n labrador ongeveer 4-5 maande oud. Rondom sy een oog en op plekke op sy bene is daar amper niks hare nie. Ek vermoed dit is hoe hy speel en le, maar ek dink nie die kaal plek om sy oog is van speel nie. Hy het redelike lang hare wat swart is. Hy is nie n opregte Labrador nie, het iewers Chou in hom. Ek sal raad wardeer!

    Joanette

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/4/12 10:41

      Klink nie reg nie. Dit sal beter wees as 'n vearts hierna kyk.

      Delete
  4. Dankie. Gelukkig is die plek om die oog nou omtrent heeltemal toe, sonder dat hy by die vearts was. Ek het dit nie nodig geag om hom vearts toe te vat nie, aangesien die plek hom nie gepla of geirreteer het nie.

    Dankie,
    Joanette

    ReplyDelete
  5. Anonymous18/6/13 03:51

    Ek het 'n kruising hondjie lyk baie soos 'n miniture doberman, baie kort sagte haartjies, maar sy jeuk aanhoudend, daar is geen teken van vlooie nie, sy word weekliks gebad. Het conditioner en baba olie ook probeer vir droe vel, maar sy bly krap en byt op die vel. Sal raad baie baie waardeer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/6/13 08:50

      Daar is spesiale sjampoe wat help, so ook medikasie (atibiotika). Dit is baie duur en die problem kom maar weer terug indien die behandeling ophou. Probeer haar voeding verander en kyk wat gebeur. Het self vir jare gesukkel hiermee, tot iemand voorgestel het hy kry net rou vleis. Sy vel is nou 100 keer beter.

      Delete
  6. Anonymous4/12/13 13:56

    het n 4 maande pitbull . hy krap hom self baie erg, selfs onder die arms. dit het al begin bloei. ons het ook sy kos verander en selfs olie gekry van die vearts, soek asb die regste raaad. ek wil nie he hy moet nou baie gefrustreerd raak as gevolg van die jeuk en dan die kinders byt nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/12/13 14:06

      Dis moeilik om raad te gee wat alle oorsake aanspreek. Hy kan byvoorbeeld allergies wees vir iets in die kos, of weens vlooie of iets anders in sy omgewing.

      Jy kan kos probeer wat geen bymiddels of graan bevat nie. Mens kry dit deesdae in sekere supermarkte te koop en by troeteldierwinkels. Het al sukses gehad met so 'n hond deur hom net vleis te gee - saam met opgekookte groente nou en dan. Maak seker sy omgewing is skoon van vlooie en ander ongediertes.

      Delete
  7. Anonymous8/8/14 09:25

    soek raad vir 'n vark hond met erg vel probleem, hy het geen hare meer op sy rug, die arme hond wil mal raak, hy word met 'n mediese shampoo gewas, maar dit is asof die shampoo sy vel nog erger brand, en hy stink verskriklik , is daar iets anders wat mens vir die hond kan gee om die probleem uit te sorteer, ons het al olie probeer en niks werk vir die hond nie, nie eers die pille wat ons vir hom gekry het nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/9/14 13:16

      Antibiotika help gewoonlik, maar dit is 'n korttermyn oplossing. Jy sal moet uitvind wat die oorsaak is en dit behandel. Het jy al probeer om haar kos te gee wat nie graan bevat nie?

      Delete
    2. Anonymous8/9/14 13:17

      Antibiotika help gewoonlik, maar dit is 'n korttermynoplossing. Het jy al haar kos probeer verander? Kos gegee wat nie graan bevat nie?

      Delete
  8. Boerboel het 'n plek net bokant sy stert wat erg jeuk. Dit het nou 'n wit kol gemaak met geen hare daar.. Die outjie is nog nie 'n jaar oud nie.

    ReplyDelete