'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

16.8.10

Wanneer begin jou papegaai praat

Wanneer daar gedink word aan papegaai koop, gaan dit gewoonlik om net een rede. Hulle moet met jou gesels. Praat. Die pret wat die gedagte inhou, is ʼn motivering om een te koop. Tog is daar verskeie faktore wat ʼn papegaai se praat beïnvloed.

Sommige papegaaie, soos die African Grey, is uitstekende praters. Hulle praat, gesels met jou, sing volledige liedjies en fluit net so goed. Al hierdie vaardighede hang van verskeie natuurlike faktore af en hierin lê die hoofrede verskuil waarom van hulle uitstekend leer praat, terwyl ander net nooit ʼn woord uiter nie.

As jy ʼn wonderlike, mak papegaai as maat wil hê is interaksie en gereelde hantering van uiterste belang. Baie aandag en tyd is die sleutel tot jou sukses.

As jy praatsessies met jou papegaai hou, is jou kanse baie goed dat hy vinnig gaan leer om ’n uitstekende prater te wees.  Hulle vermoë om te praat hang nie net af van die papegaai se natuurlik vermoë nie, maar grootliks van die tyd en dissipline van jou kant af.

Kom ons gesels rondom drie baie belangrike punte wat altyd in gedagte gehou moet word, wat ʼn invloed op hul praatvermoë gaan en sal hê.

Drie belangrike faktore wat hulle beïnvloed om goeie praters te word – of NIE!

Faktor #1:

ʼn Papegaai se natuurlike vermoë om te praat verskil van spesies na spesie, maar hulle gesondheid speel ‘n belangrike rol hierin.

Faktor #2:
Daar moet altyd ‘n balans gehandhaaf word met tyd spandeer om met jou papegaai te gesels. Nooit te min nie en ook nooit te veel nie.

Faktor #3:
Die papegaai se ouderdom – hoe vroeër jy met jou papegaai se opleiding begin, hoe beter die kanse dat hy goed gaan leer praat.

As jy getrou hierdie reëls volg behoort jy geen probleem te hê om van jou papegaai ‘n goeie prater te maak nie. Onthou egter, jou papegaai kan net so maklik een wees wat nooit ‘n woord sal praat nie, maar kan ‘n fluiter by uitstek word. Sterkte met al jou pogings.


bydrae: Francien Mare

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe