'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

2.8.10

Help met oogprobleem by kat

Ek is `n groot diereliefhebber met veral `n sagte plek vir wesies-onder andere `n groen ringnek wat ek onder my buurvrou se verestoffer uitgered het.  Die ou dingetjie vry my heeldag en slegs ek kan aan haar raak.

Terug te kom na my probleem- ek het die pragtigste wees katjie opgetel toe hy so 2 maande oud was - baie ondervoed en ogies toegesweer asook sweersel uit neus. Het met hulp van veearts hom gesond gekry. Hy is nou 1 jaar 5 maande maar so nou en dan ontsteek sy oogvliese weer, raak rooi en kan sien dit pla hom, knip heeltyd sy ogies. Vat hom elke keer terug veearts toe en volgens die dokter is dit gewone vliesontsteking. Die laaste salf wat hy gegee het is Virbac eye ointment en daarna weer Terra-cortril eye/ear suspension.

Wat kan die vliesontsteking veroorsaak en hoe kan ek keer dat dit aanhoudend terugkom? Die kat het verskriklike fyn hare-lank en donsig sag, amper soos die sagte donsige ondervere van `n cackotoo.

Hoop julle kan help.

Vriendelike groete
Elna Sanderson




No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe