'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

21.4.10

Codie



(sien vrae)

2 comments:

  1. Anonymous21/4/10 10:36

    Goeie Dag

    Ek het n groot probleem met my African Grey rooistert papagaai. Hy is 8 maande oud.

    Hy byt sy stert vere af by die pen wat in die vleis ingaan. As jy na die stert vere kyk wat nog daar is lyk dit of al die veertjies om die been af getrek is met sy bek. Die beenjies is spier wit en driehoekig gevorm. Hy doen dit net met sy stert vere en nie met die res van sy vere nie.

    Ek het by die vet gehoor om conditioner en water (50/50) te meng en dan op sy stert vere te spuit, dit sal hom keer om nie daaraan te byt nie.

    Codie is soos n kind in die huis, sy hok word nie gesluit nie en hy kan in en uit soos hy wil. As ons iewersheen gaan, gaan hy saam. Hy soek ons orals op in die huis as ons daar is.

    Die vet het ook vir my gese dit kan wees dat hy te geheg aan ons is en as ons bedags by die werk is soek hy ons en as hy ons nie kry nie dan byt hy se vere.

    Ek het n foto aangeheg dat u kan sien.

    Baie dankie

    ReplyDelete
  2. Hi daar aan jou.

    Ja, ek het al voorheen met hierdie probleem te doen gekry, maar sal glad nie staysoft met water gemeng aanbeveel nie. Die middels waaruit dit bestaan kan baie nadelig vir jou African Grey wees en die moontlikheid bestaan wel dat dit hom tot nadeel kan sterk. Dit lyk my asof julle hom nog nooit aan dissipline blootgestel het nie en daarom dat hy swaar kry wanneer hy alleen tuis gelaat word.

    Wanneer daar niemand tuis is nie, moet hy nooit sonder enige toesig buite sy hok gelaat word nie, omdat hulle sulke nuuskierige voëls is sal hy aan enige dinge begin knibbel wat tot sy dood kan lei. Hou hom met tye, selfs al is julle tuis in sy hok, sodat hy moet leer wat dissipline is. Hy moet tyd kry om te rus, te eet en net te weet hy moet hom op sy plek hou. Wanneer hy uitkom, maak dit ʼn interessante tyd vir hom, sodat hy daarna kan uitsien. Maar verduidelik aan hom dat hy nou ook tyd in sy hok moet deur bring as julle weg is, glo my hy sal verstaan. Gee hom baie speelgoed wat hom besig sal hou. Dis baie belangrik.

    Kry ʼn tweede opinie by ʼn ander veearts maar ek dink dit kan iets anders ook wees as net die genoemde probleem. Laat weet hoe dit met hom gaan en hoe hy vorder asseblief.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete