'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

6.11.09

Stap met jou hond

Hiermee soek ek raad vir my hond, Sasha (kruising husky / alsation), drie maande oud. Wat moet ek maak as ek tou gebruik vir Sasha om saam met my te stap maar sy bly net sit en wil nie loop nie. Ek wil nie haar seermaak sleep nie en ek het probeer roep en roep sodat sy saam met my kan stap maar nog steeds bly sy sit. Sy moet die tou ken want as ek veearts toe wil gaan dan moet die tou gebruik word. Ek wil nie later sukkel nie.
Dankie en groete
- Hettie

Antwoord:
Sit die leiband by die huis aan en laat haar op haar eie stap sodat sy gewoond raak aan die idee van stap. Tel die leibnd nou en dan op en roep haar na jou toe.
Jy kan haar later so 'n paar meter buite julle erf neem (met die motor?) en haar dan terug huis toe lei. Jy kan die afstand stelselmatig vermeerder.
Die maklikste is om haar te bederf met iets om te eet indien sy stap met haar leiband aan. Begin reg voor haar en sorg dat sy weet daar is iets om te eet in jou hand. Roep haar en beloon haar indien sy kom. Vermeerder die afstand stelselmatig.
Jy sal so twee keer per dag moet oefen vir 15 minute lank. Maak ook seker sy reageer goed op ander bevele soos "kom", "stop" en "sit".

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe