'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

11.9.09

Savannah


Hierdie ses jaar oue Spanjoel, Savannah, het op 27 Maart 2006, 1,500 Km per vliegtuig afgelê na 'n nuwe tuiste in Table View. Haar vorige eienares, in die Johannesbergomgewing, is na 'n lang siekbed aan kanker oorlede. 'n Naasbestaande het 'n berig oor haar op Doggy News geplaas. My bejaarde ouers se vorige Spanjoel, Mitzi, het gesterf op 'n ouderdom van 17 en daarna het al die passie uit hul huis verdwyn. Op so 'n bejaarde ouderdom is 'n klein hondjie mos taboe!

Wel, as enigste kind, het ek die beste hond vir my ouers gekry. Ek het die dag afgeneem van werk en vir Sanannah by die lughawe gaan haal. Die versender, Hubert, het R1 089-00 betaal om haar hier te kry ! Hy kon vir Sanannah na die DBV geneem het - en dan sou sy opgedaag het in Formalien by Onderstepoort waar my dogter, Estee, as voornememde veearts studeer.

Dankie Hubert - wens daar was meer mense soos jy!

bydrae: Desiree

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe