'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

25.9.09

Muffie




Anette van Blommestein se Muffie.

Sy skryf:
Muffie, ons miniatuur maltesie, sal 30 Mei 2006 15 jaar oud wees. Sy is baie goed taalvaardig en ken terme soos "kyk agter jou", "links", "regs", "kyk bo" ('n druppel in die emmer van haar vaardighede). Sy speel wegkruipertjie soos 'n laerskoolkind! Ek sê vir haar "kyk agter jou!" , dan kyk sy agter haar, dan spring ek agter die deur in wanneer sy wegkyk, dan sê my suster: "Mamma weg! Soek vir Mamma!" Dan spring sy weg, kyk onder die bed, agter die tafel, en dan agter die deur. Dan "blok" sy my met 'n bokspringetjie en 'n harde blaffie. As SY wegkruip, lê sy agter 'n kussing of onder 'n kombersie - en ons sê dan: "Muffie weg! Waar is Muffie!?" Dan kraak sy nie 'n takkie nie! As ons dan sê: "Muffie is seker buite!", maak sy so 'n fyn huilgeluidjie totdat sy "geblok" word. Sy het 'n werklik edel geaardheid. Sy leef saam met 'n groot African Grey, Dazzle, wat lief is om haar strikkies uit te rafel, en 'n grys kokketiel (Poppie) wat heeldag om haar rondspeel.

No comments:

Post a Comment