'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

31.7.09

Wat as my hond … ?

Wat as my hond … ? help jou met al daardie noodsaaklike dinge wat ander hondeboeke nalaat om te bespreek.

Hierdie boek fokus op die moontlike probleme wat jy kan teëkom in jou daaglikse lewe
saam met ‘n hond en dit bied goeie, praktiese raad oor:

- gedragsprobleme;
- opleidingsprobleme;
- glipsies;
- anti-sosiale optrede in en om die huis.

Dit is propvol nuttige wenke wat jy kan volg as jou hond tekens van siekte toon of beseer is. Hierdie boek is die sleutel tot ‘n stresvrye lewe vir honde en hul eienaars.

Jim Evans is ’n internasionaal gerespekteerde veearts, die ontwikkelaar van verskeie algemene gebruikte troeteldierprodukte en –medikasie, en ‘n skrywer en dosent op die gebied van veeartsenykunde en dieresorg. Sy ander gepubliseerde werke sluit in Doglopaedia, Puppylopaedia, The Book of the Bitch en Breeding a Litter.

Koop / Buy Wat as my hond … ? ...

1 comment:

  1. Anonymous16/5/13 14:56

    My hond is 4 jaar oud, sy is gesteriliseerd. Sy het tevore al probleme geopenbaar om oor die muur te wil spring en in die straat rond te hardloop. Ek het 2 jaar gelede my mure verhoog en glad nie probleme gehad nie. Verlede week het sy wel op een of ander manier uitgekom en was vermis vir 1 dag en aand. Met genade het ek haar teruggekry. Wat ek wel agtergekom het is dat sy rustig is wanneer ek by die huis is, maar sodra ek gaan werk soggens, breek sy uit die eiendom. Dis iets wat sy baie lanklaas gedoen het. As baba het sy altyd haar agterste poot gesuig. Kan iemand asseblief vir my raadgee?

    ReplyDelete