'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

15.6.09

Kaketoe / Kaketoea

Help
"Goeiedag! Ek is bly ek het vandag na roekeloos se webtuiste toe gegaan. Ek het 'n african grey wat 'n mannetjie is en my man het 'n ducorp cockatoo wat 'n wyfie is. My probleem is dat die cockatoo baie skree en my wil byt. Ek reken sy voel bedreig. Kan jy my asb help. Die cockatoo doen al toertjies en is baie oulik behalwe vir die skreeu en die gebyt. ONS HET HAAR NOU AMPER TWEE WEKE. Help asb."
- Antoinette
Francien Mare skryf: "Haai daar Antoinette.
Die eerste ding wat julle in gedagte moet hou is dat elke soort papegaai 'n unieke individu is. 'n Eie persoonlikheid besit en nooit met mekaar vergelyk moet word nie. Wat verder van belang is en nooit buite rekening gehou moet word is dat 'n papegaai met sy mens-maat verbind raak en nie ten alle tye met die ander lede van die gesin interaksie het nie en ook nie aangemoedig wil word om kontak te hê nie. Hierdie is gewoonlik omdat daar van baie jonk af nie fisiese kontak was tussen al die lede van 'n gesin nie en dit maak interaksie byna onmoontlik wanneer hulle reeds groot geword het daarsonder. Let op na wat ek sê: Byna onmoontlik. Maar later meer hieroor.
Sy voel nie bedreig nie, dis jy wat die bedreigde persoon is. Sy het, as ek jou reg verstaan, reeds verbind geraak met jou man en daarom is hy die enigste persoon wat haar kan hanteer of dan beheer, en nie jy nie. Dit kan reggestel word, maar glo my dit sal van jou baie tyd en geduld verg om haar so ver te kry om jou toenadering te aanvaar. Wanneer 'n papegaai skree is daar verskeie redes hiervoor, maar ek gaan die twee belangrikes net vlugtig hier bespreek.
?Geen aandag/verkeerde aandag
Soos met 'n kind wat aandag nodig het en nie daarsonder kan klaar kom nie, is dit ook die geval met ons papegaaikind. Aandag is nodig vir ontwikkeling en interaksie vind plaas met aandag. Gee jy nie genoeg aandag nie sal die papegaai begin skree om jou aandag op hom te vestig en jy dus daarop reageer. Wanneer hulle agterkom dat jy op die geskree reageer sal dit 'n patroon wees wat gebruik sal word om aandag te kry van die persoon/e. Die rede hiervoor is dat hy afgeskeep voel op te min aandag en sodoende meer aandag ontvang op sy geskree. Wanneer jy nou hierop reageer word dit verkeerde aandag genoem. Die aandag wat jy gee is omdat jy kwaad word vir die geraas en enige iets sal doen om hom net stil te kry. Verkeerde aandag omdat jy nie genoeg aandag gee wat hy moet kry en wil hê nie.
?Te veel aandag/verkeerde aandag
Net soos te min aandag na verkeerde aandag lei, lei hierdie na dieselfde tipe patroon. 'n Kind raak bederf met baie aandag en wanneer hulle voel asof jy hulle ignoreer sal daar iets stout gedoen word net om weer jou aandag te trek. Net dieselfde met ons papegaaikind. Hulle opleiding verg baie tyd en aandag wat aan hulle spandeer word en hierdeur kan hulle gewoond raak aan 'n oormaat aandag wat weer tot bederf lei en hulle jou aandag kry wanneer hulle ontdek dat 'n geskree jou aandag trek. Moet NOOIT terug gil wanneer hulle skree nie, want dan raak dit speeltyd vir hom. Hy skree en jy gil. Wow, nou raak dit te lekker. Hierdie vertolk hy as 'n speletjie tussen die twee van julle en kry sy sin elke keer. Ongelukkig sal jy verplig wees om hom te moet straf sodat hy kan leer om te onderskei tussen reg en verkeerd.
Hier praat ek glad nie van fisiese straf nie, maar jy moet hom leer dat wat hy doen onaanvaarbaar is vir jou. Daar is 'n paar maniere om die straf toe te dien. a) Wanneer hy aan die skree gaan verlaat die vertrek met woorde soos, "Nou is jy stout." Bly ten minste 20 - 30 minute weg waar hy jou glad nie te siene kry nie. Sit 'n pluisie in jou ore en bly daarby staan. Herhaal hierdie metode totdat hy leer om dit te assosieer met sy geskree en jy hom alleen agterlaat. Wees verseker dat hulle vinnig leer, maar altyd weer sal probeer om jou te toets. Moet nooit dat hulle leer aandag beteken ek moet skree nie. Wanneer jy na die tyd terugkeer en hy weer skree verlaat die vertrek weereens en kom net later weer terug. Oorweeg dit nooit om hom toe te gooi nie of alleen na 'n vertrek te stoot weg van sy bekende plek nie, want hierdeur kan jy net meer probleme veroorsaak.
Probeer hierdie straf gereeld toe te pas en wees beslis in jou optrede. Jou lyftaal verstaan hulle goed en sal daarvolgens leer om te verstaan wat jy sê. Sterkte en laat weet gerus hoe jy vorder in die situasies waar jy streng moet optree."

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe