'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

7.5.09

Watter vrugtebome se hout is veilig vir ‘n papegaai?

Vrugtebome – veilig of nie?
Dis belangrik om te weet dat vrugte wat jou papegaai mag eet nie beteken dat die hout daarvan veilig is nie. Hier wys ons die belangrikste waarvan ons het in Suid Afrika en wat liewer vermy moet word.

Watter tipe vrugtebome se hout is onveilig?
Dis baie belangrik om op die volgende te let en daarby te hou. Enige vrug wat ‘n “steen” bevat is ONVEILIG. Dit skei Sianiet in die spysverteringstelsel af en is baie gevaarlik vir jou papegaai om aan te kou.

Die volgende vrugtebome moet vermy word
Lukwart
Pruim
Appelkoos
Perske
Kersie
Mango
Avokadopeer
Olyf

Watter tipe vrugtebome se hout is veilig?
Net soos dit belangrik is om vrugtebome se hout wat gevaarlik is te vermy, is dit beter om by die toelaatbare tipe te bly. Enige vrug wat klein saadjies binnekant het is VEILIG vir gebruik van die hout self. Onthou net in hierdie kategorie vrugtebome, mag jou papegaai glad nie die saad daarvan inneem nie, aangesien dit ook ‘n baie klein hoeveelheid ensieme afskei, wat oor ‘n tydperk vir hulle dodelik kan wees.

Die volgende vrugtebome is veilig vir gebruik
Appel
Peer
Lemoen
Nartjie
Pomelo
Kiwi
Aarbei [net so gegee is veilig]
Swartbessies

Ten slotte
As jy jou papegaai se belange op die hart dra sal jy, glo ek, sorg dat hierdie waarskuwings nie op dowe ore val nie. Daar is soveel meer wat hulle gegee kan word en hou dit wat gevaarlik is weg van hulle af.

bydrae: Francien Mare

2 comments:

  1. Susan Enslin16/12/11 14:55

    Hi!
    Ons het 4 jaar oue african grey - Troy wat 'n groot plesier en kind is in die huis en verskaf baie genot met al haar sêgoed! Wil net weet - sy kou graag aan appelkoos en perske pitte is dit veilig? As ons vir my ouers gaan kuier moet sy uit haar groot hok in haar hout "travel cage" klim, maar dit vat 'n eeu en om haar met lekkerny uit te lok help ook nie? HELP!!
    Groete Susan
    susanenslin1976@gmail.com

    ReplyDelete
  2. Hi Susan
    Van wat jy te se het, is dit duidelik dat jou Troy nooit regtig voorgestel is aan die “travel-cage”, soos jy dit noem nie. Omdat hulle sulke sensitiewe en senuagtige papegaaie is, is dit nodig dat hulle aan alles wat nuut is eers voorgestel moet word, voordat dit gebruik word. Hulle is skerp en sal werklik verstaan wat jy probeer doen, maar in jou geval is dit te laat om nou ʼn voorstelling te doen.
    Die taktiek wat jy gebruik om hom uit en in te lok kan dalk werk, maar ek twyfel of dit nie sonder ʼn groot gesukkel gepaard sal gaan nie. Die rede hiervoor is eintlik heel eenvoudig. Hy het geleer dat jy hom eintlik bedrieg en hom net in die ander dra-hok wil kry met iets lekkers. Daarvoor val hy nie meer sommer nie, omdat dit met die verkeerde motiewe by hom uitgekom het.
    Wat ons wil voorstel is die volgende: -
    Indien moontlik, natuurlik afhangende waar sy hok staan, plaas ʼn tafel net groot genoeg waarop die “travel-cage” kan plaasneem naby sy hok. Laat Troy uit die hok met tye sodat hy hierdie “aaklige ding” kan gewoond raak, deur dit heeldag te sien, daarop rond te loop, en wat ook al wat hy wil doen daarmee. Plaas ʼn houetjie met iets vir hom om te eet daarin en aanmoedig hom om te kyk, maar loop weg daarna.
    Wees geduldig en met tyd sal hy agterkom die hok is nie so ʼn bedreiging vir hom soos hy tans voel nie. Jy moet maar net aanhou en geduldig wees, is die belangrikste wat jy moet wees met hom.
    Wat die vrugte se pitte wat jy noem betref, dit is nie ʼn goeie ding nie. Hierdie tipe pitte bevat ʼn lewensgevaarlike ensieme wat hulle lewe daadwerklik verkort. Dit sal beter wees as jy geen pitte vir hom gee nie, maar ʼn granaat se pitte is heel veilig vir hom. Hulle is gewoonlik baie lief vir daarvoor.
    Wel, as daar enige ander hulp is waarna jy soek, kontak my gerus en ons help waar ons kan. Onthou net om geduldig te wees met hom en jy sal wen. Laat ons gerus weet hoe jy vorder asseblief.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete