'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

11.5.09

'n Noodgeval met jou papegaai

Met die wêreldwye oorstromings en die huidiglik in ons eie land, laat dit ʼn mens besef dat jy paraat moet wees indien ons self deur so 'n ramp getref sou word en wat dan van ons voël-kinders?

Aangesien dit op daardie oomblik gaan om oorlewing stel ek voor dat 'n mens begin deur ʼn kleiner hok aan te hou. Leer jou papegaaie om van een hok na 'n ander vrywilliglik oor te klim en sorg dat die ander kleiner hok ook ʼn speelding in het. Onthou, beweeg ruimte IS belangrik. Oefen nou en dan hierdie belangrike oorlewingsproses net om seker te maak dat jy daardie dag nie skielik jou kinders verloor omdat jy nie gereed was vir so ʼn gebeurtenis nie.

Hoe om voorbereid te wees op verskeie rampe
Identifiseer wat se tipe ramp/e moontlik by jou gebied waar jy woonagtig is mag plaasvind. Mense wat naby die see woon moet besef dat daar groot oorstroming mag ontstaan soos dit ʼn ruk terug gebeur het.

Gelukkig is ons land nie gereeld onderworpe aan aardbewings nie. Elke huishouding moet gereed wees selfs op brande.

Dink aan hoe jy sou optree om jou papegaaie uit die huis uit te kry as daar 'n ramp in jou huis plaasvind. Bedink jou optrede rondom onverwagse probleme en beplan rondom elkeen.

Daar is natuurlik ook verskeie onvoorsiene rampe soos wanneer die krag afgaan in baie koue omstandighede. Wat maak jy wanneer temperature laag daal?

Koue a.g.v. kragonderbreking
Kry al die papegaaie wat in jou huis is bymekaar in een hok, indien moontlik, en neem hulle na die jou voertuig wat reeds opgewarm is. Onthou net dat die hok wat gebruik moet klein genoeg moet wees om in die voertuig te pas. Sorg dat al die stokke verwyder is sodat vervoer daarvan sonder besering mag plaasvind. Ry na 'n gebied waar daar wel beter omstandighede is en jy weet hulle warmer gaan wees as tuis. Sorg dat jy vooruit beplan vir sulke tye. Kry die papegaaie koud sal hulle siek word en moontlik doodgaan.

Sorg dat hulle noodvoorraad kos altyd byderhand gehou word sodat jy in ʼn krisis dadelik daarby kan uitkom. Probeer en hou hulle geliefde saad kos ook naby sodat hulle nie te verwilderd sou voel nie. Kry handdoeke bymekaar, komberse en warmwatersakke om as hulpmiddele aan te wend. Natuurlik moet hulle noodhulpkassie ook naby hul kos geberg word.

Indien moontlik moet jy lank reeds voordat daar sulke rampe gebeur vooruit weet waarheen jy gaan en wat om te doen.

Belangrike items wat in die noodhulpkassie vir papegaaie moet wees ingeval van ʼn ramp

Dit is van uiterste belang dat daar voorsorg getref word vir die onvoorsiene rampe wat plaasvind. Jou papegaai se lewe hang van jou vinnige optrede en die beskikbaarheid van nood medikasie af.

Sorg vir die volgende items
Antibiotiese salf, iets wat bloeding vinnig stopsit, [koekmeel en maizena mengel werk uitstekend as daar niks anders beskikbaar is nie] klein skêrtjie, tangetjie om bloedvere mee te verwyder, gaas, watte, pleisters, 'n goeie flits met nuwe batterye, naelknippertjie en ʼn goeie antibiotiese salf wat die verarts jou kan aanbied.

Bêre al hierdie items in 'n waterdigte houer en hou dit altyd op 'n plek waar dit dadelik geneem kan word wanneer ʼn krisis ontstaan.

Tydens 'n ramp kan hulle oorleef sonder vars kos, maar daar moet voorsiening gemaak word vir sade waarsonder hulle nie kan klaarkom nie, aangesien dit hulle basiese dieët is. Maak voorsiening vir bottels met water wat in die voertuig gehou word, maar gereeld met skoonwater geruil word.

As jy vinnig moet padgee met jou papegaaie moet jy seker wees waarheen jy kan gaan waar hulle aanvaar sal word. Dit is ongelukkig so dat nie alle plekke diere inneem met sulke tye nie.

Maak seker dat jou hok in die voertuig pas, al beteken dit dat die sitplekke agter afgeslaan moet word, want die hele gesin is hierby betrek. Gee aan elke een van die gesin ʼn verantwoordelikheid wat uitgevoer moet word in ʼn krisistyd. Daar is ook handige dra kasies beskikbaar wat diere in gedra kan word en dit kan vir kleiner papegaaie aangewend word.

As jou papegaaie belangrik genoeg is vir jou om al die aandag te ontvang wat hulle verdien, wil ek jou aanraai om altyd seker te maak dat jy vooruit dink en beplan vir die onbeplande oomblikke in die lewe.

bydrae: Francien Mare

No comments:

Post a Comment