'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

5.5.09

Is my papegaai siek?

Vir 'n papegaai in die natuur is dit belangrik om hulself te beskerm teen enige aanvallers. 'n Papegaai wat siek is, of beseer is, is 'n maklike prooi. As gevolg hiervan is hulle meesters op die gebied van geheimhouding wanneer hulle siek is. Teen die tyd wat hulle tekens toon van ongesteldheid, moet jy hulle dadelik by ʼn veearts kry. Weet dat hulle reeds baie siek is. Dis belangrik om bekend te wees met tekens van siek wees voordat dit te ver gevorder het.

Telkens hoor jy van eienaars wie se papegaaie onverwags doods is. So sonder rede. Die eienaar huil daaroor en vertel dat hulle geen idee gehad het dat die papegaai siek was nie. Nietemin, wanneer jy begin vrae stel na moontlike tekens of simptome, erken meeste dat hulle wel veranderings opgemerk het, maar nie besef dat hierdie na lewensgevaarlike siektes gewys het nie.

Dit is altyd raadsaam om 'n sterk aanvoeling en waarnemingsvermoë aan te leer rondom jou papegaai se gedrag, sodat jy vinnig tot die besef sal kom dat daar fout is met hom. Dit is raadsaam om die papegaai se daaglikse uitskeiding dop te hou vir enige afwyking van die normale.

Hier volg 'n paar spesifieke veranderings waarna jy op die uitkyk kan wees met jou papegaai.

Gedragsverandering
'n Normale, onafhanklike papegaai kom skielik voor asof hy na meer aandag soek, of een wat daarvan hou om vasgehou te word skielik wegskram daarvoor. Wanneer 'n spelerige papegaai skielik belang in sy speelgoed verloor het, kan hierdie ook 'n waarskuwingsteken wees.

Uitskeidingsverandering
Die normale kleur, groen en wit “poops” het skielik swart geword, wateriger as gewoonlik, of die kleur daarvan het so radikaal verander dat dit aan wat hy geëet het toegeskryf kan word nie. Onthou, sy kos wat jy hom gee beïnvloed die uitskeiding se kleur en tekstuur daarvan, daarom moet jy ʼn punt maak daarvan om te weet hoe sy “gewone” uitskeiding lyk terwyl hy gesond is. Hou ook rekening daarmee dat waterige vrugte meer water in sy uitskeiding sal veroorsaak en normaal is.

Voorkomsverandering
Die papegaai is meer as gewoonlik opgepof en lyk lusteloos in die hok. Die oë het ʼn moeë trek daarin en lyk asof hy net wil slaap. Sy stert wip op en af asof hy moeilik asemhaal.

Ander fisiese veranderings
Daar kan skielik afskeiding rondom die neusgate voorkom of die ore. As jy diarree opmerk. Hy hou aan met nies en 'n hoorbare geluid wanneer hy asemhaal. As jy oplet dat hy moeilik asemhaal moet jy dit aanvaar as ʼn ernstige teken van siek wees, en veearts toe met hom, dadelik.

Aktiwiteitsverandering
Wanneer jou papegaai meer en langer slaap as gewoonlik en blyk nie so spelerig as gewoonlik te wees nie, is hierdie almal aanduidings van siekte. Ontdek jy dat hy opgepof, onder op die boom van sy hok plaasneem, het sy siek voel reeds ver gevorder en ernstig is.

Bloeding
Wees voorbereid vir bloeding noodgevalle. Daar is produkte op die mark beskikbaar wat bloeding vinnig stop. Glo dit as jy wil, maar gewone koekmeel kan bloeding ook stop. 'n Toonnael wat seergekry het en bloei moet jy dadelik mee optree, omdat hulle hulle kan doodbloei. Ek stel voor dat jy onmiddelik 'n veearts moet raadpleeg wanneer jou papegaai iewers bloed toon.

Katte
Wanneer jou papegaai in kontak was met ʼn kat, bedoelende na hom gekap was, neem hom onmiddelik na jou veearts toe. Die bakterie aan katnaels is dodelik vir jou papegaai.

Ten slotte
As jou papegaai enige van bogenoemde simptome openbaar, is dit van uiterste belang om hom na 'n gekwalifiseerde veearts toe te neem wat in voëls spesifiek spesialiseer. Teen die tyd wat jy hierdie tekens waarneem kan dit ʼn kwessie van lewe en dood wees vir hom.

bydrae: Francien Mare

23 comments:

  1. Halo
    Ek was so bly om op hierdie blad af te kom. Ek het n African Grey van sowat 12 weke, sy/hy eet nog pap maar die laaste 3 dae gooi hy van die pap op. Ek het die gevolgtreking gemaak dat sy/hy teveel geeet het , maar nou eet sy/hy net 2 happies dan brin sy dit op. Daar is vars vrugte in die hok en ook pellets sy/hy eet daaraan en gaan dan weer aan met praat of kou aan sy speel ding. Is dusky nou moeg om pap te eet en verkies eerder vrugte en groente. Ek het ook raad gekry om nie vir hom/haar sade te gee nie.
    Dankie vir die hulpsame blad op die web.

    ReplyDelete
  2. Hi Monica. Ek glo as jy net verder rondgekrap het tussen al hierdie artikels, sou jy die antwoord op jou benoude vraag gevind het. Tog goed as 'n mens inligting herhaal sodat ander dit ook weer kan lees.

    Ja,Dusky het nou "groot" geword en wil homself begin speen van sy baba-kos. Dis goed dat jy reeds vrugte aan hom gee om te eet, maar sorg dat geen rou aartappels, rou pampoen of avokadopeer as ete aan hom bedien word nie. Die rede is dat dit dodelik is vir hom.

    Gee aan hom gaar kos wat jy eet, net geen sout en soetigheid nie en hulle is lief vir 'n klein bietjie mieliepap. Gee jou Dusky wat jy dink gesond is en hy behoort 'n gelukkige papegaai te wees. Moet net nie pellets as die belangrikste voedsel beskou nie, hou dit as 'n aanvullende kos-soort en gee vars kos en water daagliks. Ek gee my Grey elke aand sy sade en hy geniet dit vreeslik, maar dis nie al wat hy as kos kry nie.

    Laat weet gerus as ons jou met enige ander vrae kan bystaan. Geniet jou Dusky.

    Francien Mare

    ReplyDelete
  3. In Nood Uitenhage25/2/10 16:19

    Goeie middag;

    Net 'n vraagie, ek het 'n geel ringnekkie (Yellow), hy/sy is nou 7en 'n half maande oud, so ongeveer 'n maand terug het ek Yellow in die hok aangetref waar vas gesit het, en na my veearts geneem. In die tydperk wat Yellow seer was het hy/sy gewig verloor.

    Ek wil graag weet wat is die beste kosse om te voer wat sal sorg vir gesonde gewig asook om die magie vol te maak?

    ReplyDelete
  4. Hi daar aan jou. Ek hou nie daarvan dat hy/sy gewig verloor nie en raai jou aan om onmiddelik terug te gaan na die veearts toe. Hy sal jou die beste raad kan gee en volg dit asseblief stiptelik.

    Jy kan Purity baba kos ook gee, maar nie soetigheid nie. Meng dit met sy ander sagte kossies wat jy vir hom gee en moedig hom aan om daarvan te eet.

    Moenie talm nie, want ongelukkig is dit so dat hulle baie maklik doodgaan, veral as hulle begin swak word.

    Gee hom baie van die tipe kosses waarvan hy hou, dit sal klaar help. Sterkte en laat ons weet hoe hy/sy vorder asseblef.

    Groete Francien

    ReplyDelete
  5. hi ons het n african grey wat nou 10 jaar oud is.die laaste 2 maande het hy baie stil begin word.Wat kan die rede wees?help asb. sy gesig is ook baie geswel en hy drink verskriklik baie water.

    dankie sal die ondersteuning baie waardeer.
    stephanie

    ReplyDelete
  6. Hi Stephanie
    As ek moet ʼn oordeel moet fel sal ek sê jy moes hom reeds meer as twee maande gelede by ʼn veearts gehad het. Al die simptome wat jy noem klink nie goed nie, maar daar is altyd hulp vir hulle. So ek stel voor dat jy so gou moontlik ʼn plan maak om hom by ʼn veearts te kry.
    Net ʼn vraag – Sal jy twee maande wag alvorens jy jou kind dokter toe neem as hy siek lyk?
    Wonder maar net.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  7. Anonymous7/7/11 21:44

    Hi, ek het n african grey sos ek kan aflei is hy so 8mnde hy nog donsvere tussen die ander, hy/sy het n wit poeierigheid op is dit normaal? En is da ook enige raad want hy byt? Ek het hom by mense gekry en hy is nog rwdelik vreemd, enige raad sal wardeur word!

    ReplyDelete
  8. Hi daar. Die papegaai is nog baba en enige tipe papegaai het die "poeier" waarvan jy praat. Dit is normaal, onskadelik en is daar as doel vir die vere. Jy noem dat jy hom onlangs eers gekry het, so neem in ag dat hy jou, jy hom moet leer ken, want tot dan gaan hy jou byt. Loer onder die lyftaal artikels en daar sal jy leer wat hy met jou oor kommunikeer.

    Gee hom kans om die nuwe tuiste te leer ken, jou, julle te leer ken, gee hom baie aandag, baie speelgoed en wees goed vir hom.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  9. Hi
    Ek het ñ ringnek, sy/hy is ongeveer 9weke oud. Sy/hy het onlangs begin nuus en die pap wat ek vir haar gee (fase 2) bring sy op, na ñ redelike hoeveelheid wat sy reeds ingeneem het. Haar/sy afskeiding lyk normaal soos altyd, sy/hy byt, knibble en probeer vlieg soos altyd. So niks lyk snaaks nie. Maar ek is eerder oorversigtig as jammer. Klink dit dalk of sy/hy moontlik kan siek wees of is als normaal???
    Raad asb!!!!!
    Baie dankie.

    ReplyDelete
  10. Hallo aan jou. Of daar fout is met jou gaai-kind is moeilik om sommer net so te onderskei. Ons stel voor dat jy hom liewer veearts to neem, want die "opgooi" gedeelte is en klink nie goed nie.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  11. Hallo Francien -my Electus papegaai het die afgelope 2 maande 5 eiertjies gele -
    Geen mannetjie by haar gewees nie -sy het in haar kosbakkie begin le en nou is die nuutste dat sy kla soos n baba as sy le in haar kosbak

    ReplyDelete
  12. Anonymous4/2/17 11:29

    Hallo kan iemand my raad gee asb. My ringnek wil eweskielik nie sy oe oop maak nie en dit bly traan. wat is fout met hom?
    baie dankie

    ReplyDelete
  13. Is there something wrong when my african grey suddenly has undigested seeds in his excretion?

    ReplyDelete
  14. Anonymous13/5/17 19:34

    Hi. Kan iemand my sê of dit normaal is dat n african grey onverteerde sade in sy ekskresie het? Nog nooit voorheen gesien dat dit gebeur nie. Hy is 3jaar oud.

    ReplyDelete
  15. Anonymous13/5/17 19:36

    Hi. Kan iemand my sê of dit normaal is dat n african grey onverteerde sade in sy ekskresie het? Nog nooit voorheen gesien dat dit gebeur nie. Hy is 3jaar oud.

    ReplyDelete
  16. Anonymous13/5/17 19:53

    Hi. Kan iwmand my se of dit normaal is as n african grey onverteerde sade in sy ekskresie het? Nog nooit voorheen gesien nie. Hy is 4jr oud.

    ReplyDelete
  17. Goeie aan jou. Dit hang af van situasie rondom die gebeure. Dalk was besig om jou 'n liefdesdaad te bewys deur jou te wil voee, of hy is dalk net naar. Wat voer jy hom? Net saad??

    ReplyDelete
  18. Nee, dit was ni net bloot dat hy my of my man wou voer ni. Hy het sy kop heen en weer (ni op en af ni) en het weg van ons afbeweeg. ( was half verwilderd). Pitte en slymerifheid het by sy bek uitgemom. Dit was gelukkig net die 1x wat dit gbeur het. Hy is nou weer sy ou self. Baie dankie.

    ReplyDelete
  19. Anonymous4/8/17 20:26

    My africangray she tong is geswel wat kan dit veroorsaak

    ReplyDelete
  20. Neem hom na 'n veearts toe.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  21. Anonymous9/10/18 22:28

    Hello ek wil net dringend weet wat dit kan veroorsaak, my african grey se voetjie raak heeltyd lam en val baie van sy stok af en in die proses kry hy seer ,wat kan sit veroorsaak?

    ReplyDelete
  22. Ons blou ringnek het ñ klein knoppie aan sy regter ooglid onder. Ek het eers gedink dat ñ muskiet hom dalk by die ogie gesteek het... mag ek ñ oogsalfie gebruik?

    ReplyDelete
  23. Hi daar. Nee dis beter om iets by die veearts te kry - ons medikasie is nie vir hulle gebruik nie.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete