'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

28.4.09

Speel met jou papegaai

Om tyd met jou papegaai/e te spandeer is belangrik. Daar is baie voordele daaraan. Dit is verrykende vir beide, en verskaf stimulasie en verbinding met jou papegaai. Ek kan my nie voorstel dat daar ʼn beter wyse is om tyd te spandeer as met my vere-kind nie.

Maak van speeltyd opleiding tyd, stimuleer hom in alles sodat hy meer oop en ontvangklik is vir speel.

Hier volg ʼn paar idees wat ek gereeld gebruik om met Louis te speel. Dit het al ʼn gewoonte geraak.

Ek noem dit sommer die “Opsie-Spel”

Jy sal agter kom dat jou papegaai in ʼn spelrige bui is en dis eintlik ʼn uitnodiging vir speel. Wanneer hy uit die hok is sal hy goed optel en doelbewus neerwerp. Oor die algemeen is my eerste reaksie met die spel met ʼn “uh-oh!”. Hulle leer vinnig om die twee met mekaar te assosieer. Die - optel - neergooi – spel. Dis ʼn direkte gebaar van interaksie met mekaar. Hy dink elke keer as hy die bal, of speelding neergooi, gaan ma of pa dit optel vir my. Sorg jy net dat jy die, of enige ander, woord uiter wat dit vir hom meer pret maak en hy assosiasie daarmee saam leer.

Iemand wat wil vang?
Wie is bereid om te beweer dat ons vere-kinders nie kan vang nie? Wel, miskien nie met ʼn regte bal nie, maar met ʼn plastiek bal met gaatjie kan ʼn mens heerlike pret saam hê. Hulle raak opgewonde wanneer hulle jou met die bal sien, want dis groot pret vir hom.

Jy moet net eers seker maak dat hy nie bang is vir die bal nie en speel met 5 – 10 minute tussenpouses sodat jou papegaai die speletjie leer ken. Dit bou vertroue en verseker dat hy die speletjie geniet. Rol die bal stadig na hom toe, maar moenie verbaas wees as hy nie dadelik weet wat om te doen nie. Hulle gaan jou eers dophou, en jou reaksies wat volg, so wees entoesiasties, praat met hom, terwyl jy die bal na hom toe rol. Onthou altyd ʼn papegaai geniet drama.

Vertel hom nie naam van die spel, hou aan totdat hy dit leer ken. Na ʼn tyd sal hy die bal na jou toe terug begin rol. Dan weer sal hy dit optel en probeer gooi. Dis dan wat die pret begin. Wat belangrik is, is dat jy sy liggaamstaal verstaan deur dit reg te lees en so sal jy weet of hy by die speletjies aanpas en of hy nie kan nie. Let op na sy houding, want dit help jou om beter te verstaan en korrek te reageer op die boodskappe wat hy so oordra.

Tyd om te dans
Kies ʼn liedjie en speel dit gereeld, sommer net oor en oor. Terwyl jy die speel dans voor hom rond, noem sy naam en maak drama wat hy sal geniet. Swaai jou kop heen en weer, klap hande en dans effens voor hom op die ritme van die musiek en ek verseker jou dat hy binnekort ook so sal reageer wanneer hy die musiek hoor..

Waar is jy?
Net soos met klein kindertjies wat daarvan hou om ʼn lap voor jou gesig te sien en jy vra – Waar is jy? Hierdie spel kan enige plek gespeel word. In jou kamer, in sy hok, voor die TV, net waar hy saam met jou is. Kry ʼn sagte pastelkleurige handdoek, hou dit tussen jou en jou papegaai en vra – Waar is jy? Laat sak die handdoek en uiter op ʼn hoë noot – hier is jy!

Wanneer hulle die spel leer ken het gee aan hulle ʼn kleinerige lappie sodat hy ook kan probeer wegkruip. Die spel sal hom leer dat ʼn handdoek vir hom speeltyd is en daarvolgens gaan hy reageer. Soos jy gaan hy jou woorde herhaal en onthou om groot ophef daarvan te maak.

Ek gaan jou vang!
Nog pret. Hierdie speletjie is veral uitstekend wanneer jy jou papegaai wil gewoond maak aan handkontak. Met die vingers wat jy stadig beweeg soos ʼn spinnekop se pote, beweeg jy al nader en terwyl jy vir hom se – ek gaan jou vang - raak dan saggies aan dele van sy liggaam wat hy nie graag kontak mee wil toelaat nie. Wanneer jy iewers aan hom raak sê net – het jou – en maak drama daarna.

Oor die algemeen sal hulle weghardloop, maar na ʼn paar sekondes terugkeer vir nog. Hierdeur leer hulle om jou toe te laat om aan hulle te raak en groei hulle vertroue in jou. Wanneer hy gewoond is aan die kontak-spel, kan jy ander dele van sy liggaam ook aanraak, soos bv. Pensie, snawel asook die pote. Later sal hy die kontak verwelkom.

Nag, lekker slaap
Elke aand voor my papegaai, Louis, toegemaak word om te slaap, lees ek vir hom ʼn paar verse uit Psalm 23. Of hy dit eendag gaan herhaal hoop ek dat dit die geval sal wees. So sluit ek ʼn dag se spel en saam wees af. Hy weet dan dit hy nou moet slaap. Jy kan ʼn kinderstorie vir hom voorlees en hom leer dat dit sy slaaptyd aankondig. Al hierdie genoemde interaksie bewerkstellig ʼn hegte band tussen die papegaai en die mens.

Ten slotte
Wend ‘n daadwerklike poging aan om met jou papegaai te speel. Laat toe dat hy deel in aktiwiteite, sodat hy leer dat jy geen bedreig vir hom inhou nie. Met speel vind daar hegte verbinding plaas en leer julle albei om mekaar te vertrou.

bydrae: Francien Mare

1 comment:

  1. Hi,
    My ringnek mannetjie is so 5 jaar oud, hy het die snaaksste gedrag, hy sal sy houtspeelding voer en sy stokkie waarop hy sit en sy spieel.
    Hy sal ook sy kop heen en weer swaai as hy op en af stap op sy stokkie.
    Hy sal sy stokkie aanval en na my man toe pik as hy met hom praat!
    Ons kan hom nie uit die hok laat nie want hy is nog buierig, ons het hom gevang so 3 jaar teru.
    Hy geniet sy kosse,Vrugte, wors,alle vleis en kos.
    Hy neem dit versigtig uit jou vinger , maar moenie jou hand in die hok steek nie.
    Sy woordeskat is groot en radio is altyd aan by hom. Hy kry genoegsame slaap.
    Hy sal ook nader aan die tralie kom en met jou gesels.
    Jy kan gladnie aan hom raak deur die tralie nie, dan skuif hy weg.
    Hy maak groot lawaai as iemand vreemd in die huis inkom, hy sal ook skree as jy met kos werk of papier ritsel tot jy vir hom iets gee.

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe