'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

25.2.09

Neste vir African Greys en ander papegaaie

Inleiding
Wanneer daar neste vir 'n papegaai gebou word is dit nodig om te onthou dat die nes die papegaai ruimte moet bied, nie net om stil te sit en broei nie, maar genoegsame ruimte om met gemak daarin te draai. Ook genoeg ruimte vir 'n leer wat na binne afloop waarop daar op en af geklim kan word, om of in te gaan, of om weer na buite uit te beweeg. Die neste moet diep genoeg wees om 'n gevoel van veiligheid te skep. Ook moet daar baie houtsaagsels binne geplaas word vir hulle. Hulle sal weer baie daarvan uitdra om die nes na hulle behoefte uit te lê.

Ligging van die neste
Die neste moet langs mekaar gemonteer word met 2 rye fyn ogiesdraad 4½ cm van mekaar af, sodat die broeiende pare nie mekaar se tone kan stukkend byt nie. Wanneer hulle broeis raak sal daar baie geraas wees soos wat pare hulle stemme, net voor en tydens paartyd, verhef. Die pare het agter teen die muur van die hok 'n deel wat hulle privaatheid bied waar daar geëet, gebroei, ens kan word.

Hokke moet per voet toeganklik wees, om nodige aandag te gee soos benodig. Hulle moet gewoond daaraan wees dat daar skoongemaak, gevoer, water gegee en babas verwyder moet word wanneer die tyd reg is sonder veel vrees.

Oor die algemeen is die wyfie in beheer en die res van die jaar sit sy meeste van die tyd met 'n "hoofpyn" tot broeityd aanbreek. Sou die wyfie nie goedkeur wat die mannetjie haar bied nie kan sy hom dalk doodmaak. Hou hulle maar dop en sou sy hom te veel rondjaag moet haar vlerkvere effens geknip word sodat hy kans kry om weg te kom van haar af. Met broeityd sal sy hom moontlik aanvaar en eiers lê.

Kleure belangrik as pare
Daar is bevind dat hulle nie van verskillende kleur pare hou nie, maar dat pare wel dieselfde kleure moet wees. Die rede hiervoor kan wees dat hulle saam met ander kleure was nie en hulle as 'n bedreiging sien. Ek stel voor dat jy al die nuwe aankomelinge saam sit, al is daar verskillende kleure. Dit sal maak dat hulle enige kleur maat sal aanvaar met broeityd. Tog is daar geen waarborg dat dit sal uitwerk teen paartyd nie.

Daar is beweer dat ringnekke nooit geheg raak aan mekaar nie, maar die teendeel is ook bewys. Daar is gevalle waar pare saam slaap, eet en mekaar mooimaak heel jaar deur. Dan vind jy weer ander wat net met paartyd met mekaar te doen het. Hulle is individue, met 'n eie geaardheid.

Seksueel volwasse
Die regte ouderdom wat 'n ringnek seksueel volwasse is, is vanaf die ouderdom van 3 jaar, maar hulle raak reeds seksueel besig vanaf 2 jaar. Sou hy op daardie ouderdom paar sal die eiers waarskynlik onbevrug wees. Daar was gevalle waar hy op die ouderdom van 4 jaar eers instaat was om eiers te bevrug. Wyfies is bekend daarvoor dat hulle vanaf die ouderdom van 1 jaar reeds broei. Maar dis veiliger om eers van die ouderdom van 2 jaar met haar te begin broei.

Daar word tussen 5 - 6 wit eiers gelê en die wyfie neem op hulle plaas vir 20 dae. Na ongeveer 35 dae sal hulle reeds kan vlieg.

Broeiseisoen
Broeiseisoen begin gewoonlik hier van Desember en die eerste eiers in vroeë Februarie gelê. Die babas word, indien so verkies, reeds op die ouderdom van 2 weke uitgehaal uit die nes uit om handgrootgemaak te word. Dit gebeur dat die wyfie nie lank daarna weer eiers lê. Daarna sal dit eers weer Desember broeityd wees vir hulle. Jong pare het gewoonlik net een broeisel in hul eerste jaar … so dis beter om die babas langer in die nes te laat, sodat die ouers ondervinding opdoen om goeie ouer te wees die volgende jaar. Dit het al gebeur dat ringnekke hulle babas se vere uitpluk as jy hulle te lank in die neste hou, aangesien hulle reken die tyd het aangebreek vir die jonges om die nes te verlaat.

Daar word vertel dat babas reeds op 'n baie vroeë ouderdom uit die neste verwyder moet word, nl. voordat hulle oë oop is om goeie mak papegaaie te wees, maar dit is nie altyd die geval nie. Na my mening is tussen 3 - 4 weke 'n beter tyd. Hulle is makliker roerbaar en is net so mak, maar moet baie hanteer word.

Gedurende die eerste lewensjaar verander die jonges en kom kwaai voor, wat die "blufstadium" genoem word. Ignoreer dit net en omdat hulle nie die verlangde aandag hierop ontvang nie, kom hulle vinniger oor dit en word weer daardie mak ringnek van ouds.

Voorbeeld van 'n nes
Die prentjies wat hieronder volg is al gebruik vir 'n groot verskeidenheid papegaaie soos die Ringnek, African Grey, Amasone, Pionus en Conures en word sterk aanbeveel.

Neste se mates - maar is aanpasbaar na die behoeftes

Die volgende mates is binnemates.

Die groot neste se mates is ongeveer 45 cm lank x 40 cm wyd x 22 cm diep.

Die kleiner een is ongeveer 40 cm lank x 35 cm wyd x 25 cm diep.

Die groot/klein nes
Dit is hoe die groot nes van die agterkant lyk nadat die agterste paneel verwyder is. Binnekant word die afskortings met gate getoon.

Hierdie is weer dieselfde nes, van 'n ander kant, ook met die agterste paneel verwyder. Let op die rak wat die papegaai binne in op gaan sit met die opening na onder, donker gekleur vir beter visie. Die onderste opening is waardeur daar inspeksie gedoen word.

Hierdie is die sykant wat jou inspeksie opening toon. Die agterste deur word laaste aangebring sodra die binnekant voltooi is. Die deur, wat die agterkant toemaak, moet oor die opening pas sodat kleintjies nie uitval nie.

Hier is die vooraansig van die voltooide nes, sonder die agterste deur wat die inspeksiegat moet bedek.

Die agterkant se deur moet 'n sykantpaneel by hê om oor die inspeksiegat te pas sodat hulle veilig en beskerm voel.

No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe