'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.2.09

Mites oor die African Grey II

DEEL II - Jako (African Grey) is 'n vereplukker

Inleiding
In die eerste reeks, van vier, het ons die mite dat African Greys lomp is behandel en geleer wat die oorsake kan wees daarvoor. Ons het ook geleer watter rol die mens-maat in hulle lewens vertolk, en hoe daar op foute, wat begaan word, kan op let om daarmee nie te volhard nie. Kom ons kyk vandag na ʼn volgende een.

Die rede vir die mite
Dat daar meer vere gepluk word onder die papegaaispesie skyn waar te wees, omdat hulle baie versigtiger hanteer moet word as enige ander papegaaispesie. Interne konflikte rakende omgewing, hokke, dieet, aktiwiteite, bad, dissipline, opleiding en om hulle intellektueel geprikkel te hou, veroorsaak konflik en senuweeagtigheid. Die maat-Grey mag hulle al hierdie dinge so erg aantrek, dat hulle nie instaat is om in ʼn nie vernietigende houding ʼn oplossing daarvoor te vind nie. Wanneer daar iewers ʼn leemte na iets ontstaan, uiter hulle hul misnoeë deur oor te gaan na vere pluk.

Greys het aanmoediging nodig om hulle sin vir self en selfvertroue te help ontwikkel. Ook moet hulle bygestaan word deur hulle te leer om meer ondersoekend te wees en daaraan uiting te gee. Hulle moet blootgestel word aan veranderinge, beweging, kleure en variëteite en leer dat al hierdie dinge nie gevrees hoef te word nie. ʼn bekwame broeier sal die babapapegaai van die staanspoor af hierin begin leer, daarna is dit die nuwe ouer-maat wat hom al hoe meer daaraan moet blootstel.

Hoewel die meeste oorsake van vere pluk toegeskryf word aan gedragsprobleme, is dit goed as ʼn bekwame veearts opgesoek word vir raad en dalk nog behandeling. Ek beveel aan dat dit die eerste stap moet wees in die rigting van oplossings soek. In gevalle waar vere pluk erg is, is dit soms nodig dat daar van halsbande gebruik gemaak word. Ek beveel aan dat dit een van die laaste oorwegings sal wees en net as die papegaai homself leed aandoen van gebruik gemaak moet word.

Sielkundige redes vir vere pluk of stukkend byt daarvan, mag deur van die volgende redes wees. Soos, saad of neute [in die doppe met een of ander gekontamineerde fungi], lae bloed kalsium, bakterie/fungi ontsteking, allergiese reaksie met preserveermiddels of kunsmatige kleursel, vergiftiging deur metale, interne en of eksterne parasiete en ʼn droë, jeukerige vel wat gepaard gaan met ververing of ongereelde badtye.

Sielkundige oorsake en ander kan een van die volgende wees:
Verminderde interaksie tussen papegaai en die persoon met wie hy gebind het, verminderde tye buite die hok, tekort aan nuwe interessante, koubare speelgoed, ʼn te klein hok, isolasie, spanning, te min slaap en gevoel van geen sekuriteit nie. Sou die oorsaak sielkundig van aard wees, verander die omgewing waar die hok staan na ʼn plek waar daar meer interaksie kan plaasvind tussen die papegaai en die gesin. Onthou iewers teen ʼn muur, weg van ʼn verster af, en hy meer veiliger sal voel. Gee hom ʼn plek waar hy beweging sien en nie by ʼn deurloop waar mense skielik hul verskyning maak, en hy gespanne raak nie. Verander die tye buite die hok sodat daar meer met die gesin kontak kan wees. Koop nuwe speelgoed aan wat hom besig gaan hou, of maak jou eie.

Verminder sy vrees vir ander troeteldiere, kinders, druk om met iemand te verkeer waarvan hulle nie hou nie, argumente/geskree/ harde geraas. Voorsien ʼn wye keuse van ʼn sagte kos dieet, wat peul bone, graan, pasta en groente, vars groente en vrugte bevat. Kies groente en vrugte wat hoog in Vitamien A is vir hulle immuunstelsel. Die tipe probleem papegaai is gewoonlik onder baie spanning en sy immuunstelsel het ʼn hupstoot van Vitamien A nodig.

Telkens is daar bevind dat saad en of grondboontjies ʼn direkte oorsaak van vere pluk is. Party het ʼn allergiese reaksie daarvoor, omdat die saad moontlik besoedel is of fungi bevat. Verwyder alle grondboontjies en neute in die dop uit sy dieet uit. Dit gebeur self wanneer jy neute oopmaak bestaan daar een of ander vergroeisel binne. As sy probleem onlangs begin het, raak ontslae van sy huidige saad en koop vars nuwe by die winkel. Verwyder alle grondboontjies daaruit.

Verander sy dieet van saad na pille. Kies pille sonder preserveermiddels en kunsmatige kleursel, maar indien jou papegaai nie ʼn ander tipe wil eet nie, gee dit omdat dit gesonder is as al die saad en neute. Skakel oor na ʼn pille dieet en doen dit stelselmatig.

Laat jou papegaai ondersoek vir lood of Zink vergiftiging. Daar is bevind dat die metaal in van die speelgoed lood en Zink bevat en daarvoor ook beslis verantwoordelik is. Ondersoek die hok vir enige verf wat afdop. Gebruik vlekvryestaal vir al sy behoeftes so ver moontlik. Verwyder alles wat lood mag bevat.

Die produk Aloe Vera is uitstekend om te gebruik in water om jou papegaai mee te spuit. Die sap of "gel" is nie toksies en is ʼn uitstekende jeuk en brand middel, sal sodoende verligting bied indien die vel jeukerig voel. Moenie die room gebruik nie, aangesien di olierige is.

Hoe gouer daar met behandeling word met hierdie langdurige tipe gedragsprobleem, hoe beter die kanse op herstel is. Dis reeds bewys dat daar sukses behaal is met die gebruik van Aloe Vera. Gooi in ʼn sproeibottel vier dele louwarmwater en een deel Aloe Vera daarby. Spruit die papegaai se vere daarmee nat en moenie op kaalgeplukte dele spuit, dit mag dalk brand.

Daaglikse nat deurdronge vere help die vel en vere hidreer. Veral wanneer die papegaai besig is om te verveer is dit uiters belangrik dat hulle moet bad. Die nuwe vere wat vorm en uitkom, mag ʼn gejeuk en ongemak veroorsaak. Sou hulle gedurende hierdie tyd begin vere pluk, kan dit ʼn gewoonte raak.

Neem skoon papiere en rol balle daarmee en plaas dit onder in sy hok. Hiermee kan hy hom ure lank besig hou. Vou iets waarvan hy hou toe in bruinpapier, plaas alles onder in ʼn karton dosie waarin hy kan rondkrap en homself mee vermaak.

Maak ʼn bossie wortels iewers aan die hok vas of seldery, en daaraan kan hy ure spandeer. Papegaaie wat vere pluk het werk nodig om hulle mee besig te hou terwyl in die hok. Sagte warm kos wat jy sit en voer, verskaf ʼn gevoel van veiligheid en sekuriteit wat hulle nodig het.

Sommiges pluk omdat hulle nie genoeg slaap nie. Hulle het tenminste tien ure slaap nodig per aand.

Selfs vlerkvere wat verkeerd geknip is kan aanleiding daartoe gee dat hulle ongemaklik voel en begin pluk.

Let op na die wyse wat ʼn veearts/ vreemdeling/kennis jou papegaai hanteer wat vir hulle ʼn traumatiese ondervinding kan wees. Die bron van benoudheid, vrees of spanning mag veroorsaak dat die papegaai ʼn plukker van vere word. Moenie dat enige iemand anders jou papegaai na ʼn ander vertrek neem sonder dat jy teenwoordig is nie.

Ander troeteldiere of kinders kan ook die direkte oorsaak van vrees en of spanning wees, weer nodig om die bron te verwyder.

Tenslotte
Aangesien die definitiewe oorsaak van ʼn papegaai wat sy vere pluk nie regtig bekend is nie, wil ek voorstel dat jy ernstig na hierdie moontlike oorsake kyk, besluit wat dalk jou papegaai motiveer, en probeer van die verandering aanbring. Hou gouer jy optree hoe groter die kans om die gewoonte hok te slaan. Besoek ʼn kenner op hierdie gebied en wees bereid om veranderinge toe te pas.

skrywer: Francien Mare

1 comment:

  1. Hello Francien
    Baie dankie vir jou insiggewende inligting oor African Grey Papegaaie. Ek het ook een, Hermien en sy is nou 3 jr 6 mde. Ek het so twee dae gelede agtergekom dat sy begin het om haar vere uit te pluk - nogal teen 'n vinnige tempo - dis die wat ek raad begin soek het. Ek sal bietjie jou raad volg en veranderinge begin maak. Ons het onlangs 'n nuwe baba katjie gekry en hy verg nogal redelik baie aandag - kan dit dalk daaroor wees dat Hermien bietjie afgeskeep voel en nou haar vere begin pluk? Ek het ook eenkeer by iemand 'n mengsel van pille, sade, gedroogde rissies, piesang ens. gekry - hulle noem dit 'n Parrot Treat. Ons bly egter in Victoria-Wes, Karoo - en dis regtig moeilik om die regte kosse en elke dan en wan nuwe speelgoed vir Hermien te kry. Ek probeer maar gewoonlik as ek die slag in 'n groot dorp/stad kom, vir haar dit in die hande te kry. Het jy dalk enige kontakte waar 'n mens so iets direk kan bestel en per pos kan ontvang? Of dalk via die internet? My persoonlike besonderhede is Hannelie Gerber, Selnr 0738024466, epos hansiekat@gmail.com
    Ek sal dit waardeer as jy my kan help.

    Groete

    Hannelie

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe