'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

5.2.09

Katwenke

Wenke vir katte:

- Daardie bitter middels wat ons aan ons naels smeer om hulle nie te kou nie werk ook vir katte. Smeer dit elektriese koorde sodat klein katjies nie die skok van hul lewe kry nie.

- Maak katte se oë skoon met watte wat in louwarm water gedoop is. Begin by die hoeke en vee in die rigting van die kat se neus.

- Katte kan nie "soet" proe nie en verkies nat vleis bo droë kos.

- Moet nooit 'n produk vir honde op katte gebruik nie, want dit kan lewensgevaarlik wees.

- Enige klein hondjie of klein katjie moet ingeënt word.

- Blaasprobleme by honde en katte kan verlig word deur boegoe-aftreksel te maak en dit met hulle kos te meng.

- 95% van alle kateienaars voer gesprekke met hulle diere.

- Katte en honde kan ook aan hooikoors lei die tyd van die jaar. Hou hulle vroegoggend en skemer binne in die huis. Gedurende daardie tye is die stuifmeeltelling baie hoog.

- Katte is of linkspotig of regspotig.

- Indien jy jou kat se maag vryf en hy of sy byt jou is dit meesal weens lekkerkry en nie omdat hulle kwaad is nie.

- Swanger vroue moet versigtig wees vir katte. Katte se ontlasting kn 'n siekte genaamd toksoplasmose aan die ontwikkelende fetus oordra. Maak seker jy dra rubberhandskoene wanneer jy die sandbak hanteer of in die tuin werk en was jou hande deeglik agterna.

- Dit is baie belangrik dat jou kat of hond elke dag 'n bak skoon water kry. Water is die belangrikste voedingstof vir hulle. 'n Klein tekort kan hulle dood veroorsaak.

- Uie is giftig vir katte. Dit bevat 'n middel wat die rooibloedselle van katte vernietig. Knoffel bevat iets soortgelyks, maar nie genoeg om giftig te wees vir jou kat nie.

- Die eerste tekens dat 'n kat die boonste slagtande gekraak het is 'n gereelde genies.

- Dit is nie vreemd vir katte om hul gunsteling speelgoed in die kos- of waterbak te bêre nie. Hulle beskou die plekke as veilig en omdat hulle nie meer wild is en 'n nes het nie kan hulle die bakke vir die veiligste plek aansien.

- Dit is nie net honde wat moet oefening kry nie, maar ook katte. Terwyl hulle nie sommer sal gaan stap nie geniet hulle 'n goeie speelsessie. Koop speelgoed vir jou katte wat hulle kan jag of jaag. 'n Speelsessie hou gewoonlik nie lank aan nie en die kat sal jou goed laat verstaan wanneer dit verby is.

- 'n Lekker vakansie vir jou kan 'n traumatiese ervaring vir jou kat raak. Om hulle meer tuis te laat voel in 'n vreemde omgewingkan jy sy gunsteling speelding saamneem en bietjie water. Katte kan hul eie huis se water onderskei en die reuk daarvan stel hulle gerus.

- Jy kan ook met jou kat met 'n leiband stap. Dit sal egter meer werk en geduld verg as 'n hond. Die eerste paar keer moet dit laatnag of vroegoggend wees wanneer daar nie baie geraas of ander steurings is nie. Dit gaan 'n hele paar keer se probeer kos voor jou kat begin gewoond raak. Vir katte gebruik mens eerder 'n harnas as 'n halsband om mee te stap en hulle leibande is baie langer as honde s'n, want hulle het nodig om meer vrylik te beweeg as 'n hond.

- Indien jou katte gereeld sy ore krap, die ore rooi is of daar 'n donker krummelrige afskeiding in die ore is moet die kat vearts toe gaan. Dit is waarskynlik oormyte. Die ore sal gereeld skoongemaak moet word en medikasie sal toegedien word.

- 'n Kat slaap ongeveer 18 uur per dag.

1 comment:

  1. Anonymous1/5/10 00:53

    Se a.s.b vir my as `n mens `n kat kry in `n ander dorp - hoelank moet hul in die huis toegemaak word voordat hul sal vergeet om terug te gaan na hul ou huis? Of is dit `n wolhaar storie?

    rvanzyl1@telkomsa.net Dankie vir u tyd

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe