'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.09

Wat maak jou papegaai praat

Wanneer daar gedink word aan papegaai koop, gaan dit gewoonlik om net een rede. Hulle moet met jou gesels. Praat. Die pret wat die gedagte inhou, is 'n motivering om een te koop. Tog is daar verskei faktore wat 'n papegaai beïnvloed.

Sommige papegaaie, soos die African Grey, is uitstekende praters. Hulle praat, gesels met jou, sing volledige liedjies en fluit net so goed. Al hierdie genoemde vaardighede hang van verskeie natuurlike faktore af en hierin is die hoofrede verskuil waarom van hulle uitstekend leer praat, terwyl ander net nooit 'n woord uiter nie.

Om 'n wonderlike mak papegaai as voël-maat te besit, is interaksie en gereelde hantering van uiterste belang. Baie aandag en tyd aan hulle bestee, is die sleutel tot jou sukses.

As jy praatsessies met jou papegaai hou, is jou kanse baie goed dat hy ten eerste, vinnig gaan leer om 'm uitstekende prater te wees, omdat hulle vermoë om te praat nie net afhang van die papegaai se natuurlik vermoë nie, maar grootliks van die tyd en dissipline wat JY in jou papegaai se praatopleiding sit.

Kom ons gesels rondom drie baie belangrike punte wat altyd in gedagte gehou moet word, wat 'n invloed op hul praatvermoë gaan en sal hê.

Drie belangrike faktore wat hulle beïnvloed om goeie praters te word - of NIE!

#1: -
'n Papegaai se natuurlike vermoë om te praat verskil van een spesies na spesie, maar hulle gesondheid speel 'n belangrike rol hierin.

#2: - Daar moet altyd 'n balans gehandhaaf word met tyd spandeer om met jou papegaai te gesels. Nooit te min nie en ook nooit te veel nie.

#3: - Die papegaai se ouderdom - hoe vroeër jy met jou papegaai se praatopleiding begin, hoe groter die kanse dat hy goed gaan leer praat.

As jy by hierdie maatstawwe bly, wat meer is getrou navolg, behoort jy geen probleem te he om van jou papegaai 'n goeie prater te maak nie. Onthou egter, joune kan net moontlik een wees wat nooit 'n woord sal praat nie, maar kan 'n fluiter by uitstek word. Sterkte met al jou pogings.

 

skrywer: Francien Mare



1 comment:

  1. Anonymous24/4/12 12:31

    hi my naam is madelein my celnommer is 0742306093 ek wil net graag weet as jy n senegal papegaai koop wat al n jaar oud is kan hy nog leer praat of ni en hoe kry ek hom mak

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe