'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.09

Ringnekke II

Hi daar aan al die voël-mense.

Ek was lanklaas hier en was verbaas om te sien dat daar so baie van julle is met baie dieselfde tipe vrae. Weer gaan ek probeer help en kyk of iets vir julle gedoen kan word.

Wat die African Grey aanbetref, hulle kos kan dieselfde wees as die Ringnek s'n. Daar is geen verskil nie. Vars vrugte - sonder pitte baie belangrik - vars groente noodsaaklik, en vars skoon water 2x per dag. Hulle is lief vir enigeiets wat jy eet en sorg net dat kos wat jy hulle voer geen sout of suiker bevat nie. Dis skadelik vir hulle.

Hulle moet nie net saad kry nie, dit is ongesond ten eerste en tweedens, word hulle te vet daarvan wat hulle lewens radikaal verkort. Hierdie geld vir Grey en Ringnek. As jy graag 'n gelukkige voel soek moet jy bereid wees om te sorg dat hulle reg eet. Ja, hulle mors baie, maar dit is iets wat ons moet aanvaar en nie ophou gee wat hulle nodig het nie.

Myne is nou 2 jaar gewees, en gesels vreeslik baie. Julle sal verbaas wees hoe hulle woorde leer wat jy nie onder hulle aandag gebring het nie. Die ringnek, praat gewoonlik net so vinnig soos 'n Grey, maar hulle het albei maar hulle tyd daarmee. Moet net nie moedeloos raak en ophou leer nie. Herhaal woorde wat pas by wat jy op daardie oomblik doen, sodat hulle woorde in konteks kan leer.

Ja, aandag is vreeslik belangrik. Gee daarvan soveel moontlik, maar daar is iets wat belangrik is en wil dit net onder julle aandag bring. Hulle, Grey en Ringnek, het tenminste 8-10 ure slaap nodig. Hulle wilde geaardheid is maar om te slaap wanneer die son sak. Daarmee probeer ek jou nie voorse om 7uur reeds hom te laat slaap nie, maar nie wakker te hou tot na 11 uur vanaand nie. Dit veroorsaak 'n mate van spanning vir hulle en ja, kan die oorsaak daarvan wees dat hulle humeurig raak. Dis van min slaap.

Maak hulle gelukkig en jy gaan ook gelukkig wees met hulle.

Daar is verskeie verduidelikings rondom die wat hulle vere uittrek. Sommige beweer dis van verveeldheid en ook dat hulle dieet nie reg/korrek is nie. Onthou dat hulle in hulle natuurlike habitat altyd klim en klouter. Dan byt hulle ook nog aan alles wat vreemd en nuut lyk. Aangesien hulle vreeslik nuuskierig van geaardheid is, sal hulle heeldag besig raak met 'n vreemde voorwerp. Sodoende trek dit hulle aandag weg van hul liggaam af.

Hulle moet speelgoed kry wat altyd weer met nuwes geruil kan word. Bêre die oues en gee nuwes. Maar asseblief, wanneer daar nuwe speelgoed gekoop word moet dit eers vir 'n tyd aan hulle bekend gemaak word deur dit iewers naby hulle, nie aan of binne die hok nie, op te hang sodat hulle gewoond kan raak daaraan. Wanneer jy dit dan in die hok aanbring is hulle reeds gewoond daaraan.

Wanneer hulle verveeld raak, raak hulle bewus van hul liggame. Dan waai die vere. Hou hulle maar besig soveel moontlik en gee hulle die regte kos voordat daar 'n probleem ontstaan.

Ek het vrugtebome se takke geneem en daarvan in sy hok geplaas wat hom ure lank fasineer. Wanneer daardie tak vernietig is plaas ek maar net weer 'n nuwe in. Moet asseblief onder geen omstandighede avokadopeer-boom se takke vir hulle gee nie - DIS DODELIK.

Hout-speelgoed is die beste om te gee. Troeteldierwinkels het gewoonlik 'n groot verskeidenheid. Indien jy plastiek gee, maak net seker dat dit die harde plastiek is aangesien hulle bekke skerp genoeg is om dit stukkend te byt en moontlik daarvan kan inkry. As hy 'n speelding verniel moet jy weet dat hy dit geniet het.

As ek iets oorgeslaan het, vergewe my, ek sal weer kom loer ek kyk of ek kan help. Wat die eiers aanbetref, verwyder maar net en wees geduldig met haar. Broeis gaan sy gewis raak, want jy moet weet hulle betree ook 'n volwasse stadium en wat ookal daarmee gepaard gaan.

Geniet julle voel-kinders en sterkte met die volharding.

 

skrywer: Francien Mare



50 comments:

  1. Goeie dag, my ringnek pluk sy vere uit. Is daar enige iets wat ek kan doen om hom te help asb? Groete

    ReplyDelete
  2. Hi daar, ons is bly dat jy dit redelik gou agtergekom het en beveel aan dat jy hom dadelik na 'n veearts toe neem vir hulp. Hulle is in staat om jou met die regte hulp en leiding te bedien. Gaan kyk verder hier rond na onderwerpe rakende jou probleem, want ons is seker dat jy iewers goei raad kan ontdek om jou te help.

    As jy steeds 'n probleem het kontak ons gerus weer en ons help jou verder waar moontlik.

    Francien

    ReplyDelete
  3. Riana Venter23/6/10 13:37

    Ons ringnek (Tokkie) is omtrent al 4/5 jaar oud, geen ring om die nek nie, so ek neem aan dit is ‘n wyfie. Sy praat ook glad nie, weet regtig nie hoekom nie. Sy lyk op die oog af baie gelukkig, sy is
    mal oor my man en raak vreeslik opgewonde as hy hom sien. As hy net nader aan sy hok gaan, gaan sit hy in die hoekie en wil sy koppie gekrap he. Sy raak heel in ‘n trans van koppie krap. Dit is eindelik baie funny. Wat net vir ons baie snaak is, sy skeur die koerantpapier op die vloer van sy hokkie, in klein stukkies op, skrop kompleet soos ‘n hoender ens. Is eindelik baie snaaks om haar dop te hou as sy dit doen, maar ons wil graag weet hoekom doen sy dit? Dit lyk kompleet of sy ‘n gesplete persoonlikheid het, sy weet nie of sy ‘n voel of ‘n hoender is nie. Sy skrop so dat die stukkies koerantpapiere die hele wereld rond le om sy hokkie.

    Hoekom doen sy dit?

    ReplyDelete
  4. Hi daar, Riana. Ja, sy is beslis 'n wyfie, en die feit dat daar geen ring om haar nek is nie, is bewys daarvan. Ongelukkig is dit ook waar dat dit nie alle wyfies praters is nie, maar uitstekende fluiters word. Ek wil 'n voorstel maak dat julle tyd daarvoor maak om vir haar 'n liedjie te leer fluit. Begin by iets eenvoudig, net om te sien hoe sy daarmee vaar.

    Dit wil voorkom asof sy broeis raak die dat sy die koerantpapier so stukkend skeur. As hulle bo-op dit probeer stelling neem, kan jy maar weet dat sy nes soek/wil maak. Die skrop aksie is 'n smekende gebaar om uit die hok te kom, as dit nie maar net deel van nes-maak is nie. Ek raai mense gewoonlik aan om nie koerantpapier in hul hokke te plaas nie, maar liewer bruin papier. Die rede hiervoor is dat die drukkers ink giftig is vir hulle sou hulle daarvan inkry.

    Hou haar gedrag dop om agter te kom presies wanneer sy hierdie geskrop begin, en laat ons asseblief weet sodat ons jou meer kan help. Geniet haar ten volle.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  5. Ons het vir my dogter ‘n groen ringnek gekoop. Hy is handmak. Van die begin af het hy sy vere verloor. Die veearts het aanvanklik gesê dat hy ge-stress is en het druppels voorgeskryf. Hy is egter later gediagnoseer met “Vlerk-en-klouseer” .Om ‘n lang storie kort te maak, die voël lyk nou soos ‘n geplukte hoender. Wat is die kans op oorlewing?

    Groetnis

    ReplyDelete
  6. Hallo PaulS

    Ek verstaan hierdie probleem en ʼn mens kry hulle so vreeslik jammer. Gewoonlik verander die regte medikasie die toestand en is daar ook gevalle van genesing. Wat egter ʼn nadelig beïnvloed op die tipe siekte het, is hoe lank ʼn tydperk verstryk het voordat julle hom by ʼn veearts gekry het vir hulp. Sy vere behoort alles weer terug te groei met tyd, as dit toestand genees is. Gee vir hom gereeld plain joghurt en ʼn bietjie baba-Purity kos, vrugte verkieslik. Dis baie voedsaam en sal hom goeddoen. Kook ook ʼn eier baie hard, druk fyn en gee vir hom om te eet.

    Daar is beweer dat hierdie siektetoestand deur nuwe speelgoed veroorsaak word. Ons stel altyd voor dat houtspeelgoed net vir ʼn paar minute in die oond geplaas word om enige bakterie te vernietig. Laat eers afkoel, en gee dan vir hom om homself te geniet.

    As daar geen verbetering is nie neem hom asseblief weer teug vir verdure hulp deur die veearts.

    Sterkte en hoop alles herstel weer.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  7. Anonymous20/9/10 12:02

    hi ek het ook 'n pragtige groen ringnek persent gekry,liefie is nou 7 weke, en skreeu verskriklik, sy wil soms nie haar pap eet nie, en ander kere dan verslind sy dit, nou wil ek net weet op watse ouerdom moet ek vir haar begin normale kossies gee, sy eet appelstukkies maar net uit my mond uit! ek is maar baie onseker en weet nie altyd hoe om liefie te hanteer nie!

    ReplyDelete
  8. Dankie vir jou navrae, ons gaan probeer help waar ons kan. Jou ringnek is op die stadium wat hy homself wil begin speen, sagte kossies verruil vir gewone papegaai kos, groente en vrugte. As hy nie wil eet nie moet jy sorg dat daar ander kos is wat hy kan eet, soos vrugtestukkies en natuurlik vars gaar groente. Ruil maar daagliks wat jy voer sodat hy nie net aan een tipe voedsel gewoond raak nie en alle tipe kos leer ken. Moet asseblief nie uit jou mond voer nie, want ja, hulle hou daarvan en is nie higiënies vir hulle nie. Ongelukkig is dit die kenmerk van ʼn ringnek om so te raas en jy moet of gewoond raak daaraan, of gee hom aan iemand wat dit sal akkommodeer. As daar iets anders is wat opduik en jy raad nodig het huiwer asseblief nie om te vra nie. Kyk gerus rond onder voëls en jy behoort veel meer te leer, want wat vir die African Grey geld, kan jy met vrymoedigheid ook aan jou ringnek gee.
    Sterkte
    Francien

    ReplyDelete
    Replies
    1. hello francien, myne wil glad nie appelstukkies eet nie, waarmee kan ek dit vervang, ek is so onkundig en wil graag hulle mooi gesond groot maak asb. sade? lemoene? blaarslaai? aartappels? asb gee raad

      Delete
  9. hey, ek het so 'n week terug 'n blou ringnek gekry. ons vermoed dat dit 'n mannetjie is, omdat sy vere baie helder is. teen die tyd wat hy nou papagaai kos gaan eet en nie meer pap nie, wat voer ons hom? wat mag hy nie eet nie?

    ReplyDelete
  10. Gaan kyk op die web, onder ringnekke, en jy sal daar alles vind wat hy nie mag eet nie en wat toelaatbaar is vir hom.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
    Replies
    1. waar moet ek gaan kyk asb, watse web en waar is die adres asb,

      Delete
    2. Anonymous2/10/13 15:06

      http://troetel.blogspot.com/2009/01/ringnekke.html

      Delete
  11. hi daar. ons het die mooiste ringnek en 2 pragtige klein hondjies. ons kan hulle 3 nie by mekaar toelaat nie. hoe kan ek steeds aan almal ewe veel aandag gee sonder om te voel ek skeep die hondjies af? ek is nog baie by hulle en probeer my bes om hulle nie af te skeep nie, maar my ringnek het ook aandag nodig...
    ek geniet die kommentaar vreeslik.

    ReplyDelete
  12. Hi Lelani. Om troeteldiere saam groot te maak, kos dissipline soos met ‘n mens se kinders. Tyd vir almal is daar altyd, dis net ‘n kwessie van: - “Maak tyd vir almal.” Soos wat elke kind sy indiwiduele tyd gegee word, moet jou diere ook hulle spesiale oomblikke hê. Jy moet hulle almal aan mekaar voorstel, maar weet papegaai gaan hulle byt as hulle te naby kom en natuurlik andersom ook. Gee geeneen voorkeur nie, hoor.
    Sterkte met jou diere-kinders.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  13. Hay! Ons het twee ringnekke. Myne groen, 6 jaar en 'n bondeltjie vreudge.Hys 'n mannetjie.
    My man het ook een gekry. Sys nou 3 in September en het 'n vreeslike aggresiewe geaardheid. Sy byt en storm jou nes 'n rotweiler! Sys die laaste tyd begin om als gate in te byt. Haar hok se verf is afgekou, haar kombersie is vol gate ( dit lyk of 'n rot dit gekou het) en daar is net skinkborde oor van haar kos bakkies.
    Ons weet nie meer wat om met haar te maak nie. Sys net lief vir my man en niemand anders nie, sal eerder belangstel aan mans as vroue. Haar bekkie het lelike chip merke op van al die kouery. Is sy broeis? Sy klim binne in die bakkie terwyl sy dit kou. Gana dit oorgaan op 'n stadium? Help ons asb!
    Sunette

    ReplyDelete
  14. Dagsê, Sunette
    Dis interessant die inligting en vrae wat jy het en ons kan jou nie met definitiewe antwoorde, as korrek bestempel, voorsien nie. Daar is ʼn groot ouderdomsverskil en jy noem nie of hulle saam in ʼn hok is of nie. Ons aanvaar dat elkeen sy eie tuiste het, omdat jy nie oor hulle gedrag teenoor mekaar kla nie. Gewoonlik as die wyfie broeis raak sal sy in haar bakkie met sade waar daar grondbone in is, daarop gaan sit, of dan onder op die bodem gaan sit op een. Onthou egter sy is nog jonk en moontlik is die onwikkeling vir haar ʼn bietjie steurend en hanteer sy dit nie te goed nie, die dat daar soveel aggressie bestaan.
    Die feit dat sy jou man aanvaar is net weer ʼn bevestiging dat die wyfie papegaaie meer van die manlike geslag hou as die vroulike en dan ook anders om ook. Dit sal raadsaam wees om met jou veearts hieroor te gesels, want dit klink tog asof sy ʼn bietjie “ontsteld of opgeboude aggressie” het die dat sy so tekere gaan. Hy sal julle kan help met haar.
    Hoop julle kom reg met haar.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  15. Hi
    Ons het 'n 3 en 'n half jaar oue ringnek dogtertjie. Sy het verlede jaar vir die eerste keer 4 eiers gelê. Sy moet nou weer in broeityd wees. Sy skeur al wat 'n papier is wat ons in haar hok sit en sy is vreeslik aggressief. Sy skree ook verskriklik baie sommer sonder rede (wat ons kan agterkom).

    Hoe lank hou die broeityd aan en hoekom skree sy so? Wat kan ons doen om dit te verbeter, die geskeeuery dryf ons teen die mure uit?

    ReplyDelete
  16. Hi Annalise

    Ongelukkig is dit die geval met die ringnek, hulle geskree, 'n mens is maar verplig om daarmee opgeskeep te sit as jy hulle wil aanhou. Dit maak egter nie van hulle slegte papegaaie nie, net moeilik om te hanteer. Ongelukkig is ons nie so bekend met hulle broeitydperke nie, maar ek dink jy moet sommer hier vra as daar iemand is wat jou in hierdie verband kan help, dit welkom sal wees. Haar aggressie spruit voort uit die broeityd wat vir haar aangebreek het.

    Ons hoop jy sal iemand vind wat kan help.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  17. Hi daar wil net of julle my nie kan help ni wil graag weet hoe weet n mens wanneer dit n mannietjie of wyfie ringnek is ek het n spierwitte maar weet nie wat dit is nie. En dan wil ek graag weet hoe kry n mens hulle weer mak myne was handgroot gemaak maar toe kry ons katte toe haal ek hom nooit meer uit nie. Nou as ek hom wil uit haal dan hardloop hy weg in sy hok. Help my asb wil hm so graag weer so mak he.

    Groete; Estelle van Tonder

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Estelle

      Die ring verskyn eers heelwat later so moenie nou daaroor bekommer nie. Dit gaan tyd neem, baie aandag, liefde en geduld om hom weer mak te kry. Volhard maar daarin.

      Sterkte

      Francien

      Delete
  18. Anonymous4/5/12 12:07

    Hallo Francien, ek het 'n sewe maande oue seuntjie Ringnek. Ek glo hy is 'n seuntjie want dit lyk vir my asof sy swart ringetjie onder sy keel begin wys. Hy is groen. Ek het hom self groot gemaak van 3 weke af oud. Ek's mal oor hom. Hy is lekker mak en ek belowe jou, hy's my beste maatjie. Sy vere lyk baie gesond, hy eet heel dag vars vrugte en groente en so 2 na 3 peanuts per dag. Hy is mal oor appelsap en vars gespringde popcorn - sonder sout natuurlik. Hy kry in die aand so bietjie wit sonneblomme (hy wil glad nie die swarte of wit en swart sonneblomme eet nie)om te eet maar as hy klaar daarvan geeet het haal ek weer die bakkie uit. Ek het net een bekommernis oor hom, die ander Ringnekke wat ek al gesien het se bekkies is pragtig rooi maar die outjie sin is so ligte pienk kleur met nogal baie swart aan. Is dit normaal omdat hy nog so jonk is of dink jy daar skort iets in sy dieet. Sy vrugte wat ek hom gee is appels, druiwe sonder pitte, perske, peer en so af en toe 'n stukkie piesang. Hy is ook mal oor rou wortel, blaarslaai, komkommer, broccoli, boontjies, patat en droe chillis. Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo daar

      Ja, jy doen goed en niemand kan daaroor kla nie. Onthou dat hy nog jonk is en met tyd sal alles verander. Hulle ring verskyn eers na byna 'n jaar plus, so wees rustig en geniet hom.

      Sterkte

      Frrancien

      Delete
  19. Anonymous4/5/12 22:14

    Hallo Francien, ons het 'n ringnek (dink dis 'n wyfie want daar is geen ring) wat hier by ons aangekom het so jaar gelede! Lyk my ons huis het iets! Ons het 'n blue-head connieur (Sidney) wat my dogter handgroot gemaak het maar later vir ons gegee het nadat sy 2 katte gekry het. Toe kom 'n klein budgie (groen) wat ons toe Tino (Martino nav die kulkunstenaar)noem, want hy klim uit sy hoekie deur die tralies! en nie deur die deurtjie. Toe kom Barbie die ringnek,(omdat die bekkie so rooi/pienk was)! Hy sit hier by die huis teen die muur, nie weggevlieg toe my man hom optel, maar was vrek honger! Ons hou nie daarvan om ons voëlkinders in hokke toe te maak nie. Hulle hokke is oop ook aan die bo-kant. (Hulle 'bly' in die braai-kamer. Die 3 kuier heerlik! Die Connieur praat vreeslik baie en is mak en loop die hele huis vol agter mt aan, die budgie praat ook alles wat Sidney praat en na-aap my as ek fluit. Barbie praat nog nie, daar kom net geluide wat klink of sy wil sê hello-hello. Die 2 grotes geniet die 'bad' wat ek vir hulle by die hok het. Barbie het ook begin om die papier wat ons onder die hokke sit, te skeur, maar vervang dit maar daagliks. Daar is houtblokkies en speelgoed en toue in die hokke waarmee hulle speel en aan byt. Vars groete en vrugte is daagliks op die spyskaart en dan die spesiale kos wat ons by die veearts/voëlwinkel kry en ook bietjie sade en grondbonde in die doppe. Ons het buite ook ons kiewiet-kinders! Het in die 4 jaar wat ons hier in Jeffreysbaai bly seker al 8 'kinders' groot gekry. Die ander word deur die uil of 'n kat in die nag gevang! Hulle ken my fluit al so goed. Kom soek kos in die oggend en aand by die agterdeur. Ook die trop tarentale! Ag dis só lekker om vir hierdie geveerde kinders lief te wees. Seën - Ansie en Déwald

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Ansie en Dewald

      Sjoe, hierdie het ek eerlik geniet om te lees. Ek waardeer dit so baie wanneer daar mense iss wat werklik lief is vir hulle vere-kinders en alles doen om hulle gelukkig en gesond te hou. Na alles is onss dit aan hulle verskuldig, nie waar nie?

      Laat onss met tyd weer weet hoe dit daar by julle gaan asseblief.

      Sterkte

      Frrancien

      Delete
  20. Anonymous27/5/12 18:22

    Helo

    My dogter het 'n Ringnek, Bekkie en dis 'n wyfie. Sy is pragtig en dol gelukkig! Sy is omtrent 3-4 jaar oud en ek wil net weet wanneer sy babatjies sal kry? Moet ons 'n mannetjie vir haar koop of moet ons eers wag want ons weet nie of sy nog te "jonk" is nie?? Enige raad?

    ReplyDelete
  21. Helo,ek het'n klein groen ringnek gekry en ek wil net weet wanneer kan ek ophou vir hom pap gee maar pappegaai kos.En baie danki vir al die inligting wat jy gee dit help baie.Groete Dillon

    ReplyDelete
  22. Hi Dillon

    Solank hy nog sy babapap eet moet jy maar aanhou voer. Wanneer hy dit begin weier moet jy sorg dat hy ander kos in sy hok het waaraan hy kan knibbel. Gee hom vars vrugte, sonder pitte, en dit wat jy eet mag jy hom ook van voer. Alles natuurlik met matigheid. Ons is bly jy geniet al die artikels en dat jy daarby baat vind.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  23. Andries Share24/7/12 10:58

    Hi

    Ek het maar onlangs 2 ringnekke aangeskaf van my ouers af. Hulle is n
    broeipaar maar het nog nooit gepaar nie. Ek het vir hulle n groot hok gebou
    met klomp speelgoed net o uit te vind dat hulle nie van dit hou nie. My
    probleem is tans ek is nie seker wanneer hulle broei seison is nie en hoe om
    te verseker dat hulle well sal paar. Ek is ook nie seker watse broei hok om
    vir hulle te maak nie want almal vertel my iets verskillend en ek wil dit
    nie op foeter nie. Is daar ook n spesiale dieet wat ek hulle moet voer
    tydens broei seisoen en hoe gaan ek te werk met al die ander goed. Laaste
    vraag is hoe pas hulle aan in koue want waar ek woon raak dit vrek koud in
    die winter. As julle my kan help sal ek baie dankbaar wees.

    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Andries

      Kontak my gerus op my persoonlike e-opos nl. francienma@gmail.com sodat ek jou inligtig kan stuur.

      Groete

      Francien

      Delete
  24. Liezel Schutte24/7/12 11:00

    Hallo
    Ek het n Ringnek gevang, eienaars het hom nie kom haal nie ten spyte van alle advertensies.
    Vrae: watter kos is goed vir hom, watter sleg.
    Hou hulle van water om in te bad.
    Ons weet nie hoe oud hy is nie , hu praat reeds sal hy nog leer praat?
    Hy is baie wild kan ons hom nog mak maak...eg op skouer sit!

    Ons is gewoond aan lovebirds van klein grootgemaak.
    Sal alle hulp waardeer!

    Dankie

    ReplyDelete
  25. Hi daar

    Hulle kan enige tipe kos eet, nie te veel sout, suiker en olierige kos nie. Gee sade maar nie as sy stapelvoedsel nie. Vars vrugte, sonder pitte, groente, maar nie rou aartappels, patats of pampoen nie, dit moet altyd gaar gevoer word. Aangesien dit nou winter is moet jy hom nie nou nat maak nie in die somer wel.

    As hy reeds praat moet jy net aanhou om hom nuwe woorde te leer. Hy sal nie ophou nie. Hoe meer jy aan hom aandag gee hoe gouer sal hy mak word.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  26. Anonymous3/10/12 15:07

    Helo Francien ek het n klein ringek gekoop en wil net vra hoeveel en hoe gereeld moet ek hom voer.

    ReplyDelete
  27. Hi Dillon

    Dit hang net af van sy ouderdom, maar as jy hier tussen ons artikels rondkrap, kan jy maar gerus toepas wat ons vir die African Grey voorskryf. Jy behoort goed te doen.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  28. Mariska du Plessis20/12/12 10:34

    Hallo Francien

    Ek het 'n geel ringnek, dit is 'n mannetjie. Hy is ongeveer 4 of 5 jaar oud.
    Hy was op 'n tyd so 'n pragtige voël gewees met die mooiste helder blink vere en altyd gelukkig en mens nooit geweet van hom nie, nooit geskree of so iets nie. Ons haal hom gereeld uit die hok en gee hom baie liefde hy is met hand groot gemaak van 'n pap klein babatjie af, maar hy het so ± 4 maande gelede sy vere begin uitpluk. Ons het alle middels en goed probeer hy eet baie groente, wortels ens. van die begin af maar niks wil help nie. Sodra die vere lyk of dit begin uitkom pluk hy dit uit. Sy hele bors en nek is heeltemal uitgepluk, lyk soos 'n aasvoël. My hart is verskriklik seer want dit is my enigste troeteldier wat ek het en is baie lief vir hom. Maar met die pluk van sy vere gaan hy baie te kere in die hok en mens kan hoor hy maak homself seer maar ons kan hom nie help nie ons luister maar net. Hy skree nou baie waar ons in die begin niks van hom geweet het nie. Ek sien nie kans om hom uit te sit nie. Hy het egter nie van die begin af enige speelgoed gehad nie en ons het dit nou oorweeg om vir hom te kry maar hy is nou bang vir dit. Die vere plukkery het nog oornag gekom letterlik. Ons het hom gedip vir luise en goed maar hy hou net aan pluk.

    Kan jy my asb. help, het jy vir my enige raad, ons weet nie meer watter kant toe nie.

    ReplyDelete
  29. ek het n vragie my ringnek is nou so maande oud hy is baie lief om by my te sit en te soentjie n regte vryertjie. Hy het die afgelope tyd bietjie geklink of hy nies. Hy sit gewoonlik op my skouer maar nou die dag het hy sonder enige waarskuwing sy voetjies styf getrek en omgeval en hy was out of it vir n klein rukkie ek het gedink hy gaan dood. En hy is nogsteeds baie dorment slaap baie en is baie van balans af. Kan ek vra of jy dalk weet hoekom dit gebeur?

    ReplyDelete
  30. Anonymous1/4/13 18:19

    MAGDA TIEDT 01/04/2013 18:13
    Goeie dag, ek en my man Andrew het begin teel met ringnekke of sal ek se ons probeer teel met ringnekke. Ons wil net graag weet mag ringnekke mekaar sien as daar 'n mannetjie en vroutjie in een hok is en nog 'n paar in 'n direkte hok langs hulle is en dit broeipare is. Vriende van ons se dat hulle mekaar glad nie mag sien nie want dan stel die mannetjie dalk belang in die vroutjie in die hok langsaan maar ons wil nie die twee pare omruil nie.Moet die hokke aan al die gesiene kante toe wees sodat die pare mekaar nie kan sien nie??? Ja ons nuwe ouers in die terrein help tog asb!! Groete Magda en Andrew 083 294 2742 of 079 506 9827

    ReplyDelete
  31. Anonymous2/7/13 09:49

    Goeie more

    My ringnek-kind se ogies se wit vertoon rooi. Ons behandel hom ongeveer drie weke vir die chlamydia infeksie, maar dis asof sy ogies nie beter raak nie. Kan daar iets anders fout wees? Ek is dood bekommerd oor hom....

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/7/13 10:03

      'n Vearts behoort te besluit oor 'n volgende behandeling. Indien dit nie infeksie is nie kan dit 'n voedselallergie wees.

      Delete
  32. hi ekt n ringnek by my pa oorgevat wat aan hom gegee was as 'n geskenk maar was reeds al groot , die diertjie is vreeslik verwild en ek weet nie wat om te doen om hom mak te kry nie gesels help nie en kani naby hom kom nie moet ek hom mar gereeld uit die hok uit haal en by my hou of wat kan jy voorstel?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Vir eers moet jy net baie aandag gee aan hom. Gee hom kans om jou gewoond te raak en te aanvaar.

      Delete
  33. Hi .. My naam is simone .. Ek is 18 jaar oud ..het sopas my matriek geskryf .. Geen werk so het geen inkomste ..so kan nie bekostig om na n vee arts te gaan nie .. Ek het onlangs n ringnek by vriende gekry .. 3 jaar oud .. Hulle het mooi na haar gekyk ..sy was in n groot hok saam n klomp ander mannetjies .. Dit lyk of die een haar aangeval het .. Haar ogies is baie swak en van die bloed en sweersels het in haar ogies geloop .. Haar oogbale is fine .. Niks foud nie .. Maar ek sukkel om van dai droe bloed en vuil goed uit te kry .. Ek vat elke nou en dan n lou-warm nat lappie om van dit sag te maak .. En daar het al baie uit gekom .. As iemand my kan help met raad asb .. Is daar nie iets wat ek hier by die huis kan doen nie ? Ek sien sy is baie gestress want sy byd haarself en trek haar vere uit .. Enige iemand asb ! Ek sien nie kans vir haar dood nie ..

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hou so aan om haar oe skoon te maak. Hopelik sal sy ophou stres as sy besef sy is in 'n veilige omgewing saam met iemand wat vir haar omgee. Sorg ook dat daar genoeg speelgoed is om haar besig te hou.

      Delete
  34. Goeie midg ekt 3 pragtige groen ringnekke by my man gekry 2 was n broei paar, ekt hulle in die huis by my gehou in n hok, want ons het katte, maar toe sit my man hulle in di hok bui en so 3 dae trug het ek wakr geword di ognd en gewag dat hulle moet raas soos altyd maar da het geen klank gekom ni! ek was amper van my kop af toe ek by di hok kom en my broei wyfie (Ouvrou) dood opi grond kry! my broei manetji (laaitjie) en my andr wyfie (Babatjie) het in di hoek gesit ons het hulle gevang en in gebring trug in di huis in en toe sien en da is vout, da was geen bloed op di 2 ni ma dis asof hulle swak was! wel so n uur nadat ek hulle in gebring het toe is Laaitjie ook dood, dis nou di 3de dag en Babatjie lewe nog! Sy lyk ni meer swak ni en eet n hond uit n bos uit! As ek met ha gesels draai sy haar koppie skeef en kyk vi my! Sy het vandag vir die 1ste keer weer begn raas! Sal sy dit maak of gaan die mis van die broei paar haar ni skade doeni? Groete Petro

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/14 11:56

      Dit klink of sy aan die herstel is. Al hoe jy kan sekerheid kry is om haar vearts toe te vat.

      Delete
  35. Hi, wil graag weet van wanneer af ek my Tweety kan vrugte en groente gee, hy/sy is nou 7 weke en maar 'n week by die gesin. Tweety geniet tans ons almal se aandag en "gesels" gesellig saam. Tweety is soms kwaai met ons 6 jr oue dogtertjie, maar ons probeer Tweety leer om saam dinge te doen. Wil ook graag weet of dit verkeerd is om Tweety oral saam ons te vat as ons gaan kuier by familie, sommiges bly ver van ons af, maar dit lyk nie of dit pla. Dis net dat hy baie onseker is en graag wegkruip. Wil hom nie graag in hok beperk. Asseblief dis my eerste voëltjie en weet nie regtig hoe en wat reg en verkeerd is. Wil net graag vir Tweety die beste hê en hom 'n gelukkige gesins lewe gee.

    ReplyDelete
  36. Anonymous6/1/17 11:08

    waarom trek my ringnek sy kom vere uit?

    ReplyDelete
  37. Goeie dag, My broer het n nringnek paar by iemand oorgekoop op daardie stadium was hulle baie mak en het gepraat, toe is hulle permanent in n hok aangehou omdat hul bang was die 3 honde eet hulle op. die een het weg geraak maar nou is daar net 1 oor ek het gese ek sal hom oorneem maar hoe maak ek hom weer mak. Ek het ook n african grey nou 16 jaar oud. sal dit haar selg beinvloed of nie? nnkorner@gmail.com

    ReplyDelete
  38. Goeie dag. Kan iemand my se van watter ouderdom begin ringnekke broei. Die tannie se hulle is 3 jaar oud en sal volgende jaar begin broei. Klink dit reg of moes hulle al gebroei het

    ReplyDelete
  39. Ek wil graag meer weet oor hoe ek my ringnek paar se broei hok moet uitvoer

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe