'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

21.1.09

Papegaaie wat kan praat


Daar word gereeld gevra: "Watter papegaaispesies praat en watter nie? Hoe weet ek hoe om die beste prater te kies?" Ek behandel hier 'n lys van papegaaie, groot en klein, wat praters is waaruit jy kan kies. Sommige is beter as ander, maar elkeen praat op hulle unieke manier.

African Grey (Jako)
Van al die papegaaie in die wêreld is die African Grey die beste prater. Hulle besit die werklike vermoë om uitstekend te mimiek, sing en enige klank na te boots, te praat en ook te fluit. Hulle woordeskat kan uit meer as 2 000 woorde bestaan. Daar is kenners wat reken die Congo's 'n beter prater is as die Timnehs, maar beide besit die vermoë om goed te praat. Moet nooit die papegaai onderskat en taal gebruik wat ander na hul asem laat snak nie, want hulle gaan jou in die skande steek. Dis verseker!

Amazon Papegaai
Hierdie spesie begin vroeg reeds praat en hulle beste opleidingstyd is vanaf die ouderdom van 3 maande tot om en by 2 jaar oud. Hulle is lief vir musiek en sing volledige liedjies, [met 'n oulike sing-saam sangstem] met elke woord duidelik hoorbaar.

Quaker Papegaai
Hulle is verbasende praters met 'n redelike woordeskat en gebruik dit in konteks, as so geleer word. Hulle woordeskat is tussen 100 - 200 woorde, maar kan selfs meer leer as dit.

Senegal Papegaai
Hulle kan goeie praters wees en leer mensetaal en mimiek klanke redelik vinnig. Hulle ontwikkel ook 'n redelike gebalanseerde woordeskat, terwyl ander meer kan praat en frases gebruik. Hulle stem in algemeen, is sagter, stiller en strelender as die van die African Grey.

Pionus Papegaai
Die papegaai word beskou as 'n redelike prater in vergelyking met ander spesies. Hulle word as stil papegaaie geken. Hulle woordeskat is maar klein, tussen 10 - 20 woorde. Die mannetjies is beter praters as die wyfies. Die Pionus papegaai is nie 'n goeie na-aper nie, hoewel dit bekend is dat hulle wel 'n mens se stem mag probeer na-aap.

Kokketiel
Hierdie beskeie papegaaitjie praat met 'n krakkerige en krapperige stem. Hulle kan 'n klomp woorde aanleer, om te fluit is hulle goed mee en sommiges kan hele liedjies deur sing, woord vir woord. Al is hulle stem nie so suiwer soos die Amazon s'n nie, is hulle woordeskat bykans dieselfde grote. Die wyfie is nie altyd bekend as 'n prater nie, maar is beslis 'n goeie fluiter. Dis die mannetjie wat die prater is.

Electus papegaai
Dis moontlik om hulle te leer praat, klanke na te boots en kan selfs mense se stemme goed na-aap. Hierdie pragtige papegaaitjie ontwikkel 'n baie klein woordeskat, maar kan klanke sowel as woorde na-aap.

Lovebirds
Hulle leer praat en fluit. Hulle spraak is duidelik en reageer met ywer op die mense se stem.

Budgies (Parakiete)
Hierdie bondeltjie vere het 'n merkwaardige talent wanneer geleer word om te praat of te fluit. Dit het al gebeur dat hulle woorde selfs in konteks kan gebruik. Beide geslagte is in staat om redelik gou te praat en self die wat nie mak is nie sal klanke naboots wat gereeld gehoor word. Wees maar versigtig wat naby gepraat word, hulle mag dit dalk net herhaal.

Nou kan jy besluit watter papegaai jy graag wil hê as dit by praters kom. Moet net nie die fout maak en hulle met mekaar vergelyk nie, aangesien hulle elkeen 'n unieke spesie is. Elkeen het sy eie kenmerke en geaardheid.

skrywer: Francien Mare

12 comments:

  1. Papegaai7/5/09 09:26

    Hi,My African Cray het n vloek woord op getel, hoe leer ek dit vir hom af? Hoe leer ek hom om op my vinnger te sit?

    ReplyDelete
  2. Ai, ek het te lekker gelag toe hierdie desirate kreet hoor. Ja, 'n mens leer hulle maande om een woord of sin te ken, maar geen suksess nie. Dan skielik en onverwags kry jy 'n skok. Jong, as hy eers 'n woord gehoor, en geleer het, is daar net een manier om hom daarvan te laat vergeet.

    Hy moet die woord/e nooit weer hoor nie. Sodoende gaan hy vergeet en dit nie meer gebruik nie, maar hoor hy dit gereeld, wel ja, dan sit jy met 'n vloekende papegaai.

    Hoop hy vergeet daarvan.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  3. ronel dunn23/8/11 15:30

    Beste Francien,my neef is besig om navorsing te doen oor die van Mare. Dit sal interessant wees om met jou kontak te maak en te hoor waar jy aan jou van kom.
    Ronel

    ReplyDelete
  4. Ronel, by man gekry.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  5. Sannette Maart 12, 2012 7:50 AM

    Hi ek het so 'n week nou 'n klein Pappagaai hy of sy gaan nou in die vierde week in, maar sy een beentjie trek bietjie plat hy kan hom inbring as jy hom optel en maar as jy hom neersit dan skop hy die been weer terug in reguit posisie, die teeler waar ek hom gekoop het se dat dit wel gaan reg kom, maar ek is net bekommerd sal hy normaal wees en wel as hy groter is op 'n stokkie kan sit.
    sannette

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Sannette

      Ons stel voor dat jy jou papegaai veearts toe neem om sekerheid te kry oor sy toestand voordat hy uitgroei is. Laat weet wat hulle bevinding is asseblief, sodat dit weer ander met dieselfde probleem kan help.
      Sterkte
      Francien

      Delete
    2. hi Francien

      ons was by die vet en hy het xstrale geneem en bevestig dat alles reg is, en die been sal reg kom, wat hy gedoen het is hy het die beentjie met a plyster vas gemaak teenoor dieselfde hoogte as die ander een sodat hy kan gewoont raak om die been in die posisie te hou, en ek het later die plyster afgehaal en dit met 'n sagte haar lint vervang en dit het gewer die been is nou in dieselfde posisie as die ander een - hy is nog net baie lomp omdat hulle nog dom is maar baie dankie vir die terug voering en dit was alles die moeiete werd lekker dag verder sannette

      Delete
    3. Hi Sannette

      Dankie vir jou terugvoering en dit dan met goeie nuus. Hou maar dop en sou jy enigsins bekommerd raak, keer terug na die veearts toe. Jy gaan hom nog baie geniet, gee kans.

      Sterkte

      Francien

      Delete
  6. TJ Storm4/4/12 13:46

    Wat mag die papagaai eet en wat mag hy nie eet nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit wat jy eet gee aan hom ook, behalwe te veel suiker, vettigheid, avokado, rou aartappels, pampoen en patats.

      Kyk naa die artikels en jy kan daar ook leer wat hulle mag en nie mag eet nie.

      Sterkte

      Francien

      Delete
  7. Anonymous21/6/12 10:55

    Ons het papegaai wat minimum ouderdom van 70 plus- die voel is baie stil, val van die stok af en wil nie meer uit die hok klim nie. Kan nie aan sy eetgewoontes agterkom of dit veel anders is nie. Bly 120km van naaste voeldokter. Kan dit ouderdom wees of moet ek maar die onkoste aangaan en hom by 'n dokter kry.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo aan jou
      Ek neem aan hierdie is alles te wyte aan ouderdom. Indien hy steeds gesond eet en nie sy kos of water ens. weier nie, sal ek van die veronderstelling uitgaan dat hy rede het om met sulke optredes vorendag te kom. Hou hom maar dop en besluit dan as jy meer vreemde dinge optel.
      Sterkte
      Francien

      Delete

Gewilde onderwerpe