'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.09

Leer jou papegaai praat - Deel IV

Inleiding
Soos ek telkens noem is daar papegaaie wat vinnig leer praat en 'n groot woordeskat aanleer en ander wat weer stadiger is of nooit sal praat nie. Hierdie artikel wy ons vandag aan beide tipe, omdat die wat leer om goed te praat net so goed kan leer sing en die wat nie leer om te praat kan leer om uitstekende fluiters te word.

Kom ons gaan terug en kyk na wat reeds behandel is.
In die eerste drie gedeeltes het ons na die basiese tegnieke gekyk hoe om hulle te leer praat. Kom ons kyk weer daarna net ons geheue te verfris.

Die eerste was die kies van 'n woord of frase wat lyk asof jou papegaai daarin belangstel, die opleiding behels die herhaling van die word of frase stadig en duidelik, elke dag, twee sessies van 10 minute elk, verkieslik oggend en aand, en dan nuwe woorde byvoeg sodra hulle die eerste onder die knie het.

Volgende was die idee om hulle te leer om woorde of dan frase in konteks te gebruik. Deur in werklikheid met jou papegaai te gesels asof hulle mense is, is telkens daardie papegaaie wat leer om woorde n frases in regte konteks te gebruik. Wanneer hulle die vermoe weerspieel om woorde in konteks te gebruik sal hulle instaat wees om verskillende voorwerpe en kleure van mekaar ook te onderskei. Die opleiding verg dat jy voorwerpe van verskillende kleure en vorms aan hulle bekendstel en hulle leer deur die kleure aan hulle te noem met baie herhaling. Gaan gerus terug na die begin van die reeks as jy dalk vergeet het om weer leiding te gee met hierdie groot, maar bevredigende taak.

Leer jou talentvolle vere-kind om te sing
As jou papegaai 'n talent getoon het om goed en vinnig te leer praat en jy merk dat hy van musiek hou, kan jy dit jou volgende avontuur maak om hom ook te leer sing.

Dis bekend dat papegaaie lief is vir musiek en behoort dus maklik te wees om hom te leer sing. Of dit nou net een reëltjie of ʼn hele lied is, die belangrikheid daarvan is die bevredigende gevoel van jou papegaai wat kan sing.

Om 'n papegaai te leer sing word op dieselfde manier gedoen as om te leer praat. Jy kan met ʼn eenvoudige liedjie begin en leer eers net die eerste reël. Byvoorbeeld; "Mê, mê, swart skaap het jy baie wol?" Skep jou eie liedjies wat net vir hom bedoel is. Net soos jy hom met woorde geleer het, 10 minute sessies, twee keer per dag, is al wat jy nodig het om daarin ook te oorwin.

Leer fluit
Sommige papegaaie wil net nie leer praat nie en 'n mens is dan so teleurgesteld in hulle. Maar moenie moed verloor nie, want hy kan 'n uitstekende fluiter word. Selfs 'n volledige liedjie.

Begin deur net te fluit, enige iets, soos 'n man vir 'n meisie fluit en herhaal dit natuurlik. Dis gewoonlik een van die eerste fluite wat hulle leer. Hier ook moet jy tydig en ontydig vir hom fluit en aanhou herhaal. Net soos al die ander sessies van opleiding.

Glo my vry, hulle leer fluit baie, baie vinniger as praat. Sodra hy dit onder die knie het gaan voort met langer liedjies en herhaal, herhaal, herhaal is die wet in opleiding.

Iets belangriks om te onthou
Dit gebeur soms dat die eienaar van 'n papegaai se stemtoon of te laag, of te hoog is wat dit vir die papegaai moeilik maak om daarvan af te leer. Mense beveel aan dat daar opnames gemaak word, daar is beskikbaar op die mark vandag, van woorde, liedjies en frases waarvan af hulle kan leer. Onthou egter dat dit 'n ondirekte manier van praat is en hulle dit nie altyd aanvaar nie. Die rede is omdat daardie stemme nie met sy mens-ouer geassosieer word nie.

As jy van iemand weet wat 'n papegaai het wat goed praat en fluit bring hulle bymekaar en jy sal verbaas wees hoe vinnig hulle van mekaar af leer. Maak jou lewe met jou vere-kind interessant en geniet hulle elke dag.

 

skrywer: Francien Mare



No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe