'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

19.1.09

Hulp met jou African Grey

Jong African Grey papegaaie wat met die hand gevoer word kan reeds binne die eerste paar weke van hul lewe 'n paar woorde begin mompel. Net soos wilde papegaaie hul vokalisering by hul ouers aanleer, so leer mak papegaaie om hul menslike ouers na te boots.

Die eerste woorde wat hulle leer is gewoonlik eenvoudig en iets wat hulle eienaars gereeld sê soos 'Hello' of 'Hi'. Terwyl sommige reeds op 'n jong ouderdom praat sal ander eers begin na 'n jaar of meer. Soms verbaas eienaars my deur te sê hulle papegaai praat nie, maar wanneer ek luister dan hoor ek woorde. Papegaaie leer praat soos klein kindertjies. Wanneer hulle woorde oor en oor hoor begin hulle dit oefen. Dit klink soms soos 'n gemompel, maar indien jy mooi luister sal jy hoor wat hulle probeer sê. Net soos klein kindertjies volwassenes nodig het om hulle te leer praat so het African Greys iemand nodig om mooi na hulle te luister en te help met die woorde wat hulle probeer sê. En al het jou voël al sy vere beteken dit nie hy is nie meer klein en het nie meer hulp nodig nie.

Moet nie te veel verwag nie. 'n African Grey-baba van ses maande sal nie die volkslied kan leer nie. Wees geduldig en praat baie met die kleintjie al klink dit asof hulle net mompel. 'n African Grey wat teen die ouderdom van drie jaar nog nie leer praat het nie gaan dalk nooit 'n goeie prater word nie, hoewel daar uitsonderings is. Dat hy nie praat nie beteken nie hy is ongelukkig nie.

Sommige mense glo dat 'n African Grey na 'n sekere ouderdom niks meer kan leer nie. Dit is snert. My African Grey, Bongo Marie, wat ten minste ouer as 25 is, leer nog gereeld nuwe woorde, uitdrukkings, klanke en selfs sinne.

Vir almal wat van African Greys hou is daar 'n kennisgewingsbord by greforums.net - daar word aan verskeie onderwerpe met betrekking tot African Greys geraak - opleiding, voeding en ander relevante onderwerpe met betrekking op hierdie unieke voël wat gerken word as een van die slimste, interessantste en intelligentste van sy spesie.

http://www.greyforums.net

skrywer: Anitha Cowan

26 comments:

  1. Anonymous19/1/09 14:06

    Ek stel belang daarin om vir my 'n African Grey aan te skaf, maar het dringend inligting nodig, soos die versorging van African Greys, wat mag hul eet en wat nie ens. Kan iemand my dalk help?

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/1/09 14:07

    Ons het 'n Congo (rooistert) Grey (4½ jaar oud). Haar naam is Dazzle. Het haar 3 jaar gelede by kennisse gekry wat Nieu-Seeland toe verhuis het en haar toe nie kon saamneem nie. Ek gaan jou 'n paar wenke gee wat ons deur die jare geleer het: (1) maak seker dat jy 'n kuiken koop wat 'n lang "mak" bloedlyn het (sommige telers broei met "probleem" voëls wat 'n geskiedenis van aggressie het, en verkoop die kuikens dan as 'n reël goedkoper) (2) vra om die kuiken se "ma" te sien en as sy handmak is, kan jy maar koop - betaal eerder duurder! (3) wat kos aanbetref, is 'n goeie basis "egg food" (wat jy by troeteldierwinkels koop, en 'n "pulse mix" ('n mengsel van bone en sade wat jy self kook). Sorg dat jou African Grey ten minste een van hierdie daagliks kry. Daarby kan jy 'n eetlepel sonneblomsade (die groot soort) per week gee, en daagliks verskeie vrugte en groente. NIE AVOKADO NIE of SJOKOLADE NIE! Dazzle is lief om uit ons borde te eet (kerriekos / rys / SPAGHETTI!!!, ens), ook vir 'n bakkie slaai met blaarslaai, tamatie, komkommer en feta-kaas. Sy is ook lief vir treats soos 'n bietjie gerasperde chedder, Indiese Sev & Nuts en popcorn. Wanneer jy die kos / water bakke saens uithaal, was dit deeglik met kookwater. Hou kontak met 'n goeie troeteldierwinkel vir raad met vitamine-aanvullings wanneer nodig. Oe, ek is SO opgewonde vir jou onthalwe! Ek kan 'n boek skryf oor Dazzle, en hoe vinnig African Greys leer om binne konteks taal aan te wend en te gesels! Gesels baie, en praat direk met jou Grey. As hulle bv. weet wat 'n "kamer" is, sal hulle gou vir jou sê: "Dazzeltjie kamer toe gaan" - as hulle kamer toe wil gaan, ens! Maar onthou, vir elke R500 wat jy minder betaal vir jou Grey, gooi jy R1500 in die water - as dit nie 'n handmak bloedlyn is nie.
    Mooiste groete

    ReplyDelete
  3. Anonymous19/1/09 14:07

    Mense asseblief, voor julle 'n vere kind koop, gaan doen eers bietjie navorsing, veral waar kom hy/sy vandaan, uit watter nes. Veral die Grey's, hulle vra baie aandag. Maar een ding kan ek julle verseker, my Grey is een GROOT plesier.

    ReplyDelete
  4. Anonymous19/1/09 16:15

    My African Grey het ons al ongeveer 3 jaar en "Skollie" is pragtig en gesels my ore van my kop af. Daar is egter net een groot probleem en dit is dat hy sy vere op sy bors uitpluk. Ons is raadop en moedeloos en kan nie dink om watter rede hy dit doen nie, want aandag kry hy BAIE. Ek het al "Bitter Beak" gekoop by die dierewinkel en spuit hom gereeld daarmee, maar dit help glad nie. Is daar iemand wat raad kan gee oor wat om te doen dat hy op hou daarmee.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hai. Jy moet sy dieet verander na groete, soup mix wat jy bietjie kook ma nie heel sag en vrugte en spyt so 2 na 3 keer n dag nat. Sonneblom en peanuts is baie sleg vir hulle en maak hulle stadig dood. Myne dit ok gedoen tot ek dieet verander het.

      Delete
  5. Anonymous19/1/09 16:15

    Ek besit self 'n African Grey en die vearts in Kempton Park spesialiseer in voëls.

    ReplyDelete
  6. Anonymous19/1/09 16:16

    Ek soek na n veearts wat spesialiseer in papegaaie, ek het n African Grey,wat baie bang is asgevolg van sy eerstejaar wat hy by mense gebly het wat hom half mishandle het, ek het gehoor dat daar n baie sterk kalmeerpil sodat n mens met hom kan werk.
    Ek hoop julle kan my verwys, ek is al raadop want ek was al orals vir advise en wil hom nie laat uitsit nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die beste veearts vir jou grey is in nelspruit. Dr Donnie engelbrecht

      Delete
  7. Anonymous19/1/09 16:16

    Ek weet nie waar hierdie persoon bly nie maar hy sal baie baat vind om uit te ry na ons Wonderboom/waters Voëlpark, Lavenderweg, Pretoria. Die veearts daar is fantasties. Hy is Chris Kingsley en kan gekontak word by: 012 5671921. Hy spesialiseer in die teel, hand grootmaak, versorging en siektes van voëls.

    ReplyDelete
  8. Anonymous19/1/09 16:17

    Ek het 'n Grey wat nou 'n jaar oud is, hoe kan ek haar leer om van water te hou sodat sy kan bad, ek spuit haar gereeld nat maar sy is dan die heeldag kwaad vir my.

    ReplyDelete
  9. Anonymous19/1/09 16:18

    Begin op 'n baie vroeë ouderdom om jou African Grey te bad deur die voël met 'n baie fyn sproei (mis) te spuit.

    ReplyDelete
  10. Anonymous19/1/09 16:18

    Ek het 'n Red Rump Parrot en sal graag inligting aangaande die voël wil bekom.

    ReplyDelete
  11. Anonymous19/1/09 16:18

    Probeer http://www.asnu.org.uk/red_rumps.htm

    ReplyDelete
  12. Anonymous5/5/11 10:45

    Ek het 'n jaar terug vir my 'n African Grey aangeskaf. Hy was nog 'n babatjie. Hy het begin praat al op 4 maande en nou praat hy my ore van my kop af. Max is die grootste plesier in my lewe. Een ding wat hy baie goed kan doen, as hy nie sy sin kry nie, is om op sy rug te lê en sy voete in die lug te skop. Hy ook daarvan om op sy rug te lê en met sy speelgoed te speel. Hy het van baba tyd af baie aandag gekry. Hy is absoluut 'n plesier. Ek sal hom vir niks verruil nie. Geniet hulle.
    Thea

    ReplyDelete
  13. Hallo Thea
    Ja, ons Greys is lief daarvoor om pote in die lug te lê en speel, veral as dit van kleins af geleer is. Ons bewonder altyd die vermoë wat hulle besit om om te draai en so te lê. Ek stem saam. Hulle is sulke besondere “kinders” en verryk ʼn mens se lewe vreeslik.
    Baie groete
    Francien

    ReplyDelete
  14. Dagsê alle diereliefhebbers. Ons deel ons huisie met pragtige koketiele, ringnekke, 'n bekkige grey,die wereld se geduldigste hond, 2 marmoset meisies en n 5mde capuchin. As iemand twyfel of apies goeie "pets" is, wil ek net beslis ja antwoord. Die spreekwoord van "you can't take the bush out of the monkey" is heeltemal waar, maar as jy bereid is om hulle te versorg in alle opsigte is apies die wonderlikse diere ooit. Ons apies het buitehokke wat aan die huis se vensters geheg is. Mense moenie apies in "parrot hokke" toemaak nie. Ons apies word glad nie in hokke toegemaak nie. Hulle speel heeldag waar ookal ek besig is, want oral is 'n "monkey corner" opgerig.

    ReplyDelete
  15. Anonymous21/5/11 03:29

    Enige iemand wat hulp nodig het met eksotiese diere, kan by Onderstepoort in Pta gaan aanklop vir hulp. Glo my al moet jy 'n entjie ry en 'n duik in jou kredietkaart kry, elke kilometer en sent is die moeite werd!

    ReplyDelete
  16. My African Grey, Lucky is 'n paar maande oud,ek wil weet wanneer kan ek hom begin was in 'n badjie want op die oomblik vee ek hom net af, en hy eet pap wanneer kan hy vaste kosse (saadtjies, bone , vrugte en groente) begin eet. Hy het nou geleer om agter ons aan te vluit as hy wil papa he.

    ReplyDelete
  17. Hallo aan Lucky se mense. As hy reeds 'n paar maande oud is moes jy hom lamkal reeds kos gegee het om te eet - begin sommer vandag nog en gee hom allerhande soorte vars vrugte en groente. Leess die inligtig hier oor watter tipe kos hy gevoer mag word en wat jy moet vermy asseblief.

    Wat bad, of was soos jy dit noem, betref is iets wat hy selfs sal doen as jy hom in kontak bring met water. moenie hom probeer was of dan af vee nie, jy kan vere beskadig en hom skrik op die lyf jaag. Vee die pap wat hy eet om die snawel af om sy gesig skoon te hou. Moet net nie direk in sy gesig spuit nie hoor.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  18. Anonymous8/6/13 15:01

    my african is nou vier maande oud en is n groot plesier in ons huis en kan my nie n lewe voorstel sonder my pollie nie al het hy verlede woensdag van my skouer afgevlieg en nogal n redelike entjie gevlieg maar het hom gou weer gekry met die fluit wat ek hom geleer het.Nou wil ek weet wanneer ek sy vlerke moet knip en hoe moet ek dit doen.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/6/13 08:54

      So twee weke na verlede Woensdag. Kry eers iemand wat weet hoe en jou kan leer.

      Lees ook meer hier:

      http://troetel.blogspot.com/2009/02/mites-oor-die-african-grey-i.html

      Delete
  19. hallou almal. As ek so deur al die notas lees kry ek sommer 'n snaakse gevoel in my hart. African Greys is die mees fasinerende diertjies! Ek het Zazo gekry toe hy/sy twee maande oud was. hy/sy is nou 7 maande. Zazo fluit met oorgawe en brom en prewel, alhoewel nog nie duidelike woordjies nie. Zazo is baie lief vir sy hok, so lief, dat hy glad nie op my hand wil klim vanaf sy hok nie. As hy afvlieg is hy baie gretig om van die vloer af op my hand te klim as hy "op" hoor, maar hy weier om van sy hok af te klim op my hand. kan iemand my asb raad gee? My tweede vraag is: hoe gemaak as Zazo niks hou van 'n spuitbottel nie. As hy dit sien naderkom sit hy 'n "scene" op ! Julle het seker opgelet ek is onseker oor Zazo se geslag, kan ek 'n bloedtoets laat doen om dit te bepaal? Baie dankie julle, elke bietjie inligting en raad sal wonderlik wees. PS: ek gaan verseker vanmiddag kyk of Zazo'tjie op sy rug sal lê... ek twyfel egter... Groete, Liz.

    ReplyDelete
  20. Anonymous30/6/18 07:15

    Kan ek my african grey yogurt gee

    ReplyDelete
  21. goeie more
    My hart is vandag baie seer. Ek het Billie nou bykans 2 jaar en sy is alles vir my. Ek het so vreeslik lief geword vir haar, maar dis ook bykans 2 jaar wat ek aanmekaar hoes met koors en opgooi. Na 3 keer in ICU en enige moontlike raat moet ek vanmore 'n besluit neem. Mense oral se dit is van die wit poeier of wat ookal. Ek moet haar laat gaan vir 5 weke en as ek nie beter is nie = sal hulle haar terug bring. Eks 'n jong weduwee en julle kan verstaan dat ek nie regtig weet hoe sonder haar nie. Die plek waarheen sy gaan is baie goed en lief vir haar maar dit maak die stukkend nie beter nie. Asb wat is die waarheid? ek moet se dat ek Shortness of Breath so erg het dat ek bykans nie kan loop nie,

    ReplyDelete
  22. hello ek wil graag weet ek het 3 african greys popaai is my eerste een toe kry ek nog 2 by die wyfie gabby soen en krap popaai se kop beteken dit dat hy n mannetjie is

    ReplyDelete
  23. hello ek wil graag weet ek het 3 african greys popaai is my eerste een toe kry ek nog 2 by die wyfie gabby soen en krap popaai se kop beteken dit dat hy n mannetjie is

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe