'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.09

'n Hok vir jou papegaai

Dit is noodsaaklik dat elke papegaai ʼn hok het wat hy as sy tuiste beskou. Al sou jou papegaai meeste van die dag buite sy hok wees besig met interaksie, of op sy speelpark, het hulle ʼn veilige hawe nodig met slaaptyd.

In die natuur moet ʼn papegaai daarop ingestel wees om teen aanvallers te waak. In sy hok is die gebied wat hy moet beskerm veel kleiner. Hy moet veilig voel in hierdie klein gebied en sal daarom rustiger slaap. As die hok te groot is vir die papegaaispesie, sal hy minder veilig voel gedurende die nag.

Hier is ʼn paar wenke wat ingedagte gehou kan word wanneer daar na die regte grote hok gesoek word.

1. Kies die beste grote
Wanneer daar ʼn keuse gemaak moet rond rondom die grote van die hok, is groter altyd ʼn beter keuse. Sou jy heeldag uithuisig wees het jou papegaai spasie nodig om in rond te beweeg en homself besig hou deur te speel, te klim en te klouter.
Die grote, natuurlik, hang grootliks af van die grote en spesie van die papegaai wat jy besit. ʼn Klein papegaai, soos ʼn budgie, het nie behoefte aan ʼn groot hok nie, maar wel iets klein. Terwyl ʼn papegaai soos die macaws ʼn baie groot hok nodig het. As ʼn minimum mate, moet hy instaat wees om sy vlerke uit te sprei in die hok en steeds genoegsame ruimte aan weerskante beskikbaar wees. So hier praat ons van ʼn baie groot hok.
Daar behoort selfs genoegsame spasie te wees dat die papegaai maklik van een tak/stok na ʼn ander kan rondbeweeg. Daar moet voorsiening gemaak word van verskeie stokke sodat hulle na ʼn volgende kan spring of rondklouter sonder moeite.
Papegaaie met lang sterte moet voorsien word van lang hokke. Dit verhoed dat die stertvere beskadig en lelik voorkom. Papegaaie geniet dit om heeldag rond te klouter en daar moet genoegsame ruimte hiervoor wees, want dit bied hulle terselfde tyd oefening.

2. Kies die regte fatsoen
Dit blyk dat papegaaie nie van ronde hokke hou nie. Hulle geniet om hoog teen die hok in ʼn hoek op ʼn stok plaas te neem om te slaap vir die nag. Hulle hou daarvan om hul rug beskermd te laat voel met beide kante van die hok en rondes kan hulle nie die sekuriteit bied nie.
Vierkantige hokke bied baie meer klim ruimte en ʼn addisionele veiligheidsgevoel. Dit is in elke geval nie die maklikste om stokke en speelgoed reg geplaas te kry in ʼn ronde hok nie. So ronde hokke is nie die regte keuse vir jou papegaai nie.

3. Kies die beste tralies en patrone
Die tralies van ʼn voëlhok is baie belangrik om verskeie redes. Jy moet draad kies van genoegsame deursnee wat sterk en reg gespasieerd is vir die papegaaispesie. Die patrone speel net so ʼn belangrike rol

a) Draaddeursnee
Klein hokke se bedrading is dun en moet net vir klein papegaaie gebruik word soos die budgie en kokketiel. Medium grote papegaaie soos die conures moet ʼn effens groter draaddeursnee draad hê terwyl die macaw en Cockatoos se bedradingsdeursnee baie dikker moet wees. Sou jy ʼn conure of ander medium grote papegaai in ʼn redelike groot kokketielhok plaas sal jy na ʼn tyd vind dat die laste stukkend gekou word. Dit sal natuurlik die hok verwoes. Natuurlik moet die grootste papegaai dikker bedrading hê om dieselfde rede. Goed gehegte laste is dus van uiterste belang wanneer daar ʼn hok gekies word.

b) Spasiëring van tralies
Die belangrikheid van spasiëring van die tralies is om seker te maak dat die papegaai nie sy kop deur die tralies gesteek kan kry en hy homself sodoende kan beseer wanneer hy skik en sy nek breek nie. Die vlerke moet ook nie vasgevang raak tussen die tralies nie. Maak seker dat jy oplet na die spasiëring dat dit naby genoeg is om die moontlikheid van besering uit te sluit.
Budgies se traliehokke kan 2cm van mekaar wees. Sou jy hulle in ʼn hok met tralies meer as dit gespasieer plaas, bestaan die moontlikheid dat hulle hulself kan beseer.
Medium grote papegaaie soos die conures kan in traliehokke van 3cm - 3 ½ cm tralies bly en groot papegaaie kan met gemak groter gespasieerd wees.

c) Tralie patrone
Traliepatrone beteken tralies wat vertikaal [op en af] of horisontaal [kant tot kant] loop. Meeste hokke sal twee kante hê wat vertikaal loop, maar hokke wat aan al vier kant horisontale tralies het sal ook beskikbaar wees.
Die rede dat twee kante soms vertikale tralies het, het te doen met die openinge. Sommige hokke se kosbakke se openinge het skyf deure wat op en af skuif en word makliker gevorm met vertikale tralies.
Vir budgies en kokketiele is dit belangrik om die vermoë om rond te klouter te kan handhaaf in hulle hokke. Hulle moet teen die hokke se tralies, met hulle klein voetjies maklik kan oploop, soos teen trappe op te klim, aangesien hulle nie baie sterk is nie. Hulle moet ook nie teen vertikaletralies afgly nie. Vir die papegaaie moet jy ʼn hok kies met tenminste twee kante met horisontaletralies. Baie verkies om vir die klein papegaaie hokke aan te skaf met vierkante gebou met horisontaletralies. Dit kan ʼn uitdaging raak om so een te vind.
Medium grote papegaaie het sterker voete, sowel as die groot papegaaie, blyk nie ʼn probleem te hê met tralies wat vertikaal loop nie. Dit is voordelig vir alle grote papegaaie om makliker te klim teen tralies wat vir hulle gerief beteken. In medium en groot hokke, is dit nie ʼn vereiste dat hokke net met horisontaletralies gebou word nie.

d) Vervaardiging
Wanneer jy ʼn hok moet kies vir jou papegaai kyk veral na die tipe materiaal waarvan dit vervaardig is. ʼn Hok is soos ʼn belegging en jy verwag dat dit jare behoort te hou, aangesien hulle pryse redelik hoog is. ʼn Swak vervaardigde hok gaan op die einde van die dag vir jou meer uit die sak jaag as wat jy uit die staanspoor liewer ʼn duursamer hok aangeskaf het.
Maak seker dat die laste stewig en ordentlik gedoen is wat moet verhoed dat die tralies lostrek. Ook behoort daar geen onafgewerkte punte te wees waarmee die papegaai homself mee kan beseer nie.
Op die bodem van die hok moet daar ʼn traliewerk aangebring word wat skeiding bied tussen die leefgebied van die papegaai en die rak waar al die afval beland. Dit sal verhoed dat die papegaai kos wat afgeval het, tussen mis beland het, optel en sodoende reeds verouderde en vuil kos eet.
Vir die heel klein papegaaie soos die budgie, is ʼn plastiek traliewerk wat op die bodem lê die aangewese een. Maar hoe groter die papegaai hoe sterker moet hierdie beskerming teen vuil kos wees.

4. Hok afwerking
Kies ʼn hok wat nie geverf is nie, dis meer veiliger, of een wat roesvry is. Onthou dat papegaaie altyd met die snawel rond klim en sodoende is verf geneig om los te kom wat hulle siek kan maak as dit nie veilige verfgebruik was nie.
Indien die hok met tyd oorgeverf moet word, gebruik verf wat selfs vir kinders veilig is. Maak serker dat die geverfde hok goed droog is voordat die papegaai weer teruggesit word. Verf wat ʼn petroleum basis het kan baie vinnig ʼn papegaai se dood veroorsaak.

5. Ligging van deure
Daar is verskillende tipe deuropenings beskikbaar. Kies een wat deur die papegaai maklik gebruik kan word vir in en uitklim doeleindes, en prakties is vir jou gebruik.

e) Die stoepdeur
Baie papegaaie geniet ʼn "stoepdeur opening" om op te sit. Daar is hokke beskikbaar met deure se openinge wat na onder neerslaan, met ʼn versterker wat die deur as ʼn stoep laat voorkom, en ʼn dwars stok waarop hulle geniet om op plaas te neem. Sou die hok wat jy verkies nie ʼn versterker aangebring hê, wat die deur nie stut wanneer dit oopgemaak word nie, kan jy met ʼn ketting aan beide kant die hok aan die deur vasmaak, sodat die deur net ʼn sekere laagte kan oopval. Indien jou papegaai klein is kan jy sommer ʼn toutjie neem om te deur te stut as ʼn stoep vir hulle.

f) Groot en klein deure
Afhangende van jou papegaaigrote is ʼn groot deur nie altyd noodsaaklik vir hulle om uit te klim nie. Natuurlik hoe groter die papegaai hoe groter moet die deur wees. Jy moet ook instaat wees om met gemak alles te bereik binne in die hok, wat weer noodsaaklik is om alles aan die binnekant reg te rangskik en speelgoed met tye om te ruil of te verwyder nie. Dis ook belangrik dat jy in ʼn noodgeval met gemak by die papegaai kan uitkom.
Baie hokke het ʼn klein deur aangebring aan ʼn groot deur. Ek stel voor dat dit beter is om ʼn hok te kies met ʼn groot deur. Groot hokke het bo-op ook twee deure aangebring, maar is moeilik om vandaar af te werk na binne.
Toets die hok se deur voordat jy een koop deur jou hand na die agterste hoeke met gemak te druk, bo sowel as onder. As dit nie die geval is nie soek ʼn ander een.

6. Staanders
ʼn Staander is ʼn opsie wat jy dalk of wil hê of nie wanneer jy na die korrekte hok vir jou papegaai soek. Hulle is baie handig veral met die rondskuif van die hokke. Gewoonlik is hulle deel van die hok, terwyl ander dit as opsioneel verkoop. Vir die klein en medium papegaaie is dit nie altyd nodig vir een nie aangesien hulle hokke lig en maklik hanteerbaar is.
Dis beter om nooit ʼn papegaaihok te hang nie, selfs die van ʼn budgie, want dit vermoeilik die taak om kos en water te ruil indien nodig. Dit is moeilik om hulle op jou hand te laat klim of in nood uit te kry wanneer die hok vrylik rondbeweeg.

7. Aangehegte speelparke
Baie modelle het speelparke wat reeds bo-op die hokke aangebring is. Hierdie kan tot voordeel van jou papegaai wees. Ook bestaan daar hokke met twee oopslaan deure bo-op di hok, wat dit moontlik maak om die speelpark aan te heg, of om ʼn dwarsstok aan te koppel, sodat hulle daar kan sit en speel. Solank hierdie deure net deeglik toe en oop kan maak.

8. Spaar dele
Wanneer jy ʼn hok van jou keuse koop, vind uit of daar los parte beskikbaar is wat dalk met tyd vervang moet word. Dit kan meehelp om die hok vir baie jare te benut en instandhouding, wat belangrik is, vergemaklik.
ʼn Ekstra stel kosbakke is altyd raadsaam om saam met jou hok te koop. Jy moet altyd skoon kos en waterbakke beskikbaar hê en met ʼn ekstra stel vergemaklik dit net die taak. Veral soggens is dit byderhand om net te gebruik sonder om eers die huidige een eers te was nie.

Ten slotte
Duidelik is daar vele aspekte wat in ag geneem moet word wanneer jy ʼn gepaste hok vir jou papegaai wil koop. Maak seker dat dit ʼn hok is waarin hy gelukkig sal wees en waarmee jy gelukkig is, want dit moet vir ʼn onbepaalde tyd gebruik word. Groot hokke is eintlik ʼn belegging, omdat dit vir lang tye gebruik kan word, en is noodsaaklik dat jy daarmee gelukkig moet wees. Moet dus nie ʼn hok koop wat dalk goedkoper is nie, jy mag daardie besluit met tyd berou. Wees bereid om ʼn bietjie meer te betaal om jou papegaai gelukkig te sien.

 

skrywer: Francien Mare



No comments:

Post a comment

Gewilde onderwerpe