'n QVRP blog
 
 Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.1.09

Badtyd vir jou papegaai

Papegaaie besit ʼn buitengewone gawe om te vlieg. Gesonde vere is van uiterste beland vir hulle. Om te bad voorsien vog aan die vere en vel en help om afval stukkies wat om nuwe vere vorm te verwyder. Dit is tweede natuur by ʼn papegaai om te wil bad en behoort deel van hulle daaglikse mooimaakproses te wees. Dit moet inteendeel aangemoedig word, maar nooit moet hulle geforseer word hierin nie.

Aangesien papegaaie individuele voorkeure het - sommige van hulle hou daarvan om te bad of te stort, of dan albei, en ander wil net niks weet van bad nie. Wanneer hulle uiteindelik geleer het om dit te geniet, behoort hulle te alle tye dopgehou te word wanneer hulle bad.

Let Wel: -

Die gereeldheid van badtyd behoort meer gereeld aangemoedig te word wanneer hulle besig is om te verveer. [wanneer hulle vere verloor.] Dit bied hulp met die gejuk wat bloedvere veroorsaak wanneer hulle uitkom en help ook om die wasdeeltjies om die nuwe vere makliker te verwyder.

Dit sal goed wees as jy oplet of jou papegaai sy badtyd geniet en of hy nie meer so gereeld daaraan wil deelneem nie. Met tye maak die papegaai fyn geluidjies wat sy genot weerspieël, die vlerke word geflap en spring rond in die water. Hoe meer geraas en water wat mors is ʼn definitiewe aanduiding dat hulle dit geniet.

Na ʼn deeglike bad sal jy opmerk hoe die papegaai se borsvere bewe. Dit is nie as gevolg van koud kry nie, maar eder die geval van spiere wat saamtrek en ontspan wat liggaamshitte veroorsaak. Dit is een manier hoe hulle vere vinnig gedroog word sodat die papegaai die vere weer elkeen reg kan rangskik en gereed kry vir vlieg. ʼn Nat papegaai is baie kwesbaar en die behoefte bestaan om hulle vere so spoedig moontlik weer droog te kry vir oorlewing.

Daar word beweer dat ʼn papegaai verkoue kry as hulle bad, wat onwaar is. Hulle word siek as hulle ʼn swak immuunstelsel ontwikkel, as gevolg van blootstelling aan baie spanning, swak dieet en vuil hokke of leefwyse. Dit is baie belangrik dat jou papegaai nie bad na ʼn siekte en dalk ʼn lae immuunstel ontwikkel het.

Hier is ʼn paar belangrike wenke wat gevolg moet word wanneer jou papegaai bad.

Wenke :

Die water temperatuur moet of koel of lou warm wees wanneer hy stort of bad.

Nooit meer as een of twee duim water in die bak wees waarin hulle bad nie.

Moet nooit ʼn sproeier na hulle gesig toe wys wanneer hulle bad nie, geen water moet in die neusgate beland nie.

Moet nooit jou papegaai in ʼn trek laat wanneer hulle nat is nie.

Nooit moet enige vorm van seep in hulle badwater gebruik word nie. Hou ingedagte dat hierdie middels ingeneem word wanneer hulle hul vere weer mooimaak en hul dood mag veroorsaak.

Badtyd/stort tyd moet oggende en vroeë middae plaasvind. Sodoende is daar genoegsame tyd om weer deeglik droog te word voor slaaptyd.

Omdat badtyd pret tyd moet wees moet jou papegaai nooit geforseer word om te bad nie. Wanneer dit uit dwang plaasvind bestaan die moontlikheid dat hulle met tyd gedragsprobleme kan ontwikkel.

Moet nooit ʼn haardroër gebruik aangesien dit die papegaai se vel uitdroog sowel as sy vere en ontmoedig die papegaai aan toekomstige badtyd. Sou jou papegaai gewoond wees aan ʼn ligte hantering met ʼn handdoek, is dit goed om hom so droog te maak.

As jou papegaai nie van bad hou nie, stel hom voor daaraan op ʼn gereelde basis en hou net aan daarmee. Eers mag hy dit afkeur, maar hoe meer hy daaraan blootgestel word, hoe meer bestaan die moontlikheid dat hy met tyd daarvan gaan hou.

Neem jou papegaai saam met jou wanneer jy gaan stort. Plaas hom waar hy jou kan dophou en met tyd sal hy leer dat dit nie so erg is soos die gedagte daaraan verbonde nie.

Na baie geduld en liefde kan hy ook sy badtyd geniet.

Klein papegaaie moet nooit stort nie, maar liewer in vlak bakke water speel, of kan met fyn handsproeiers gespuit word.

Hier volg ʼn paar idees wat sal help met jou papegaai se badtyd.

1. Lae bakke
Die beste keuse vir ʼn papegaai se bad-bak is een wat swaar is en nie maklik sal omkantel wanneer hulle daarop staan nie. Jy kan selfs ʼn paar druiwekorrels ingooi, hout ring, gekleurde speelgoed, alles net om hom aan te moedig om in die water te baljaar.

2. Iets anders vir warm klimaat
As jy in ʼn gebied woon waar daar hoë temperature is, is dit ʼn goeie idee om ʼn paar ysblokkies by sy louwarmwater te plaas en ʼn paar helderspeelgoed wat hom die water sal binne lok.

3. Stortstanders
Daar is stortstanders beskikbaar vir papegaaie. Wanneer hulle geleer het om ʼn stort saam met jou te geniet, maak net baie seker dat dit stewig vasgesit is teen die muur, sodat hulle nie beseer word wanneer die loskom nie.

4. Wasbakke in kombuis / badkamers
Dit gebeur telkens dat papegaaie opgewonde raak wanneer hulle lopende water hoor. Wanneer jy in die kombuis besig is sal hulle nader beweeg om ondersoek in te stel na waar die watergeluid vandaan kom. Laat hulle toe om daar hulleself te geniet, maar dit is altyd beter om ʼn rubbermat in die bak aan te bring sodat hulle nie gly nie.

Maar seker dat die stroomwater uit die kraan nie te sterk loop nie en ook nie te warm is nie. Hy die prop verkieslik uit, of loop net ʼn klein hoeveelheid water in die bak sodat hy veilig is, onder toesig. Spoel bakke altyd deeglik uit.

5. Fyn sproeier
Sommige papegaaie geniet die fyn sproeier wat oor hulle gespuit word. Dis altyd beter om hulle in die son te hou wanneer daar op die manier gestort word. Moet jou papegaai nooit in sy gesig spuit nie. Neem die bottel en tel jou hand hoog bokant hom uit en spuit so die water oor sy lyf.

Moet nooit maar nooit jou papegaai met hierdie metode natspuit as ʼn strafmiddel nie. Dit kan veroorsaak dat hy vrees vir water ontwikkel.

6. T-Staander
Baie is nie bewus van die T-staander wat beskikbaar is vir jou papegaai nie. Wanneer jy een aanskaf hou dit altyd naby die stort waar hy jou kan dophou, sien dat jy dit geniet en later kan deel in jou stort.

Ten slotte ʼn bietjie inligting wat jou kan help.

Daar bestaan nie ʼn papegaai waarvan ek bewus is wat dadelik aanvaar het om te stort nie. Soos met alles, moet hulle eers voorgestel word aan die idee wat daar nou toegepas gaan word.

Om mee te begin moet hy op ʼn daaglikse basis saam met jou die stort betree. Hy moet gewoond raak aan ʼn nuwe omgewing. Moenie dadelik water oopmaak nie. Gesels met hom en verseker hom dis veilig en hy gaan saam met jou stort een van die dae.

Wanneer jy agterkom dat hy nie meer bang en gespanne voorkom wanneer jy die stort betree nie, kan jy nou begin om die water net effens oop te draai. Met hierdie proses moet jy ʼn hele paar weke aanhou, om sy vertroue te wen. Maak hom terselfde tyd gewoond aan ʼn T-stander of ʼn stortstander. Jy kan nou en dan ʼn paar waterdruppels oor sy lyf gooi met jou hand, maar niks groots nie. Die proses moet met geduld gedoen word terwyl jy hom gerusstel met ʼn sagte stemtoon.

Na ʼn paar weke verloop het behoort hy nou met sy vlerke te flap as jy water oopmaak en selfs begin stort. Wanneer hy sagte geluidjies maak sal jy weet jy het sy vertroue gewen en hou dit te alle tye so.

 

skrywer: Francien Mare



11 comments:

  1. Anonymous19/4/09 18:06

    Ek het 'n papegaai wat mak was maar kinder het hom geterg met stokke nou wil ek hom leer om weer mens te kan vertrou maar as jy naby hom kom dan buit hy jou stukken wat kan ek doen om hom weer mak te maak en vertroue in mens weer te kry ek het hulp nodig baie dringend want ek wil baie aandag aan my papegaai gee
    Help a.s.b
    zelmaries@yahoo.com

    ReplyDelete
  2. Hi ek gaan jou persoonlik e-pos stuur.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  3. Anonymous1/2/11 15:20

    Hi Francien,
    Ek wens so ek kon jou raad rees vir zelmaries, ek het 'n Ringnek aangeneem wat deur 'n kind seergemaak is, en hy wil niks van ons weet nie. Hy was ook mak en het gesels. Ek weet hierdie kommentaar was lank terug geskryf, maar kan jy asb. vir my raad gee?
    Baie dankie, Carrol (carrol@afritrade.co.za)

    ReplyDelete
  4. Anonymous1/2/11 15:30

    Hi Fransien,
    Ek weet hierdie kommentaar is al 'n paar jaar oud, maar hoop jy kan my ook raad gee. Ek het 'n ringnek aangeneem, wat ook deur kinders verskrik is. Hy wil nou niks met ons te doen hê nie en byt as ons in sy hok werk. Gee asseblief raad? Hoe kry ek hom dat hy ons vertrou. Ons is baie geduldig en duur maar sy geskree, maar wil baie graag hom weer 'n gelukkige 'kind' maak. Hy het ook die laaste week vreeslik begin pluk.

    Ek sal dit baie waardeer.

    Groete
    Carrol (carrol@afritrade.co.za)

    ReplyDelete
  5. Anonymous12/4/11 13:08

    Hi daar! Ek het 'n groen ringnek gekoop. Hoe weet ek hoe oud sy is,want hul kon my nie se nie.Ek wil hom graag mak maak maar hy attack my elke keer as ek naby sy hok kom, tot as ek vir hom sy kos in sy hok sit dan begin sy te skree en my te byt.Wil ook weet of ek haar uit die hok kan laat as my 2 budies uit is of sal sy hull ook attack.Het dringend raad nodig asseblief vingers al seer van al die gebuit en wil haar graag mak kry sodat sy soos my ander 2 geveerde kinders vrylik kan rond beweeg en na my toe kom.

    Yvette

    ReplyDelete
  6. Hi Yvette
    Dankie vir vrae en wil jou graag terug verwys na artikels wat jy onder die African Grey vind, wat ons glo, jou in ‘n groot mate met raad en inligting kan voorsien. Onthou egter altyd dat jou papegaai nuut is in jou huis, jou gesin, hy moet julle en veral vir jou, eers leer ken. Ek glo wanneer dit gebeur sal hy nie meer so aanvallend wees nie. As hy/sy om en by 3 jaar oud is behoort daar ‘n duidelike ring om die nek te voorskyn te kom, wat ‘n aanduiding is dat hy ‘n mannetjie is. Sou daar geen ring met tyd sigbaar word nie moet jy aanvaar dat dit ‘n wyfie is. Om toe te laat dat jou Budgies en hy/sy saam rondloop kan noodlottig wees. Dis iets wat nie aanbeveel word nie. Neem beurte met hulle uit. Spandeer tyd met hom/haar en dit sal met tyd ‘n verskil maak. As die vlerkvere nog nie geknip is nie moet jy dit liewer nie waag om hom uit te haal nie, want hy kan wegvlieg as alles nie toe is nie. Die sleutelwoord hier is: “Gee die papegaai kans om aan te pas dan probeer jy meer met hom/haar.”
    Sterkte
    Francien

    ReplyDelete
  7. GOEIE DAG EK WIL NET UITVIND EK HET ‘N AFRICAN GREY GEKOOP VAN 6 WEKE OUD, EK WIL NET GRAAG WEET WANNEER EK HOM KAN BEGIN BAD EN WANNEER KAN EK VIR HOM DIE HARDE GROENTE EN SADE WAT EK SAG KOOK VIR HOM BEGIN GEE.

    GROETE

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Ilse
      Daar is nog nooit regtig ʼn vasgestelde ouderdom wat as reg beskou word om jou gaai te bad nie. Al vereiste is dat hulle nie in winter nat gemaak moet word nie, juis omdat hulle verkoue en ander olikheid kan opdoen. Stel hom stelselmatig aan water voor en sorg dat hy nooit alleen sonder toesig is wanneer hy bad nie. Hy kan in diep water versuip.
      Jou baba is nog baie klein en jy behoort nou glad nie met ander kossies, as net sy pap, te bekommer nie. Gee hom sy pap drie keer per dag en maak voor elke voeding seker sy krop is leeg, ander kan hy ʼn probleem ontwikkel.
      Jy praat van sade en harde groente wat jy sag kook wat jy vir hom wil voer. Nee, wag daarmee vir eers. Konsentreer vir eers dat jy hom groot kry op sy pap. Wanneer hy ongeveer 10 – 12 weke oud is, kan jy sy pap etes verminder na 2 keer per dag en dan is dit wat jy vir hom ʼn stukkie appel of groente in sy hok plaas om ander tipe voedsel te leer ken. Eet hy hierdie nie dadelik nie is dit net omdat hy eintlik nog klein is en natuurlik ken hy dit nie.
      Leer hom om sy eie smaak vir verskillende voedselsoorte te ontwikkel en omdat hy nie dadelik aan iets begin eet nie, moenie aanvaar hy hou nie daarvan nie. Gee maar weer en weer. Jy sal moet aanvaar dat hulle kos mors in die begin, maar moenie dat dit jou afsit nie.
      Gaan lees ons artikels oor hulle diëte en volg dit stiptelik na.
      Sterkte en laat my weet hoe jy vorder.
      Francien

      Delete
  8. Anonymous17/2/14 14:10

    Ek het raad nodig, ons eie papegaai het bo-op ons nuwe papegaai se hok geklim en toe byt die nuwe papegaai ons Zorro. Sy een poot het seergekry, en lyk my n bytmerk onder die maag ook, nou bly Zorro aan die seerplekke knibbel, wat kan ons doen. Kan ek sy voet toedraai met germolene op, of sal hy self gesond word. Hy eet nog goed en is andersins sy n normale self, hy beweeg net minder in sy hok???? Help asseblief???

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/2/14 11:19

      As hy aan die seerplekke knibbel kan dit 'n problem raak. EK sou hom vearts toe neem. Hy behoort weldra meer in sy hok te beweeg. Hy is dalk nog bietjie bang na die trauma. Praat met hom en stel hom gerus.

      Delete
  9. Die raad wat jy ontvang is goed, maar moenie enige salf aansmeer nie asb. Neem hom vearts toe vir die regte sorg.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete

Gewilde onderwerpe