'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.5.18

Laagwater bring vir Bob Marley

Op 11 Januarie 2009, om 02h00 die oggend, het die water langs die kuslyn van Queensland, Australië, abnormaal vêr teruggetrek. Oplettende navorsers van die Queensland Museum en die Universiteit van Hamburg het op die nuut ontblote seebodem ’n nuwe soort seespinnekop ontdek.

Die laagwater het hulle aan die reggae legende Bob Marley se liedjie, “High Tide or Low Tide” laat dink. So het die spinnekop ook ’n naam gekry Desis bobmarleyi.

Desis bobmarleyi het aangepas vir lewe onder water deurweg te kruip in die skulpe van suigmossel of koraal tydens hoogwater. Om asem te haal, weef hulle lugkamers van sy. Sodra die seewater terugtrek kom hulle uit en maak jag op klein ongewerwelde diere wat op die nabygeleë rotse, korale en plante rondstap.

Die navorsers se oorspronklike bevindings is verlede jaar gepubliseer in die joernaal Evolutionary Systematics.



(foto: R Raven)

No comments:

Post a Comment