'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

31.10.17

Klimaatsverandering en visserye nie goed vir pikkewyne

Bedreigde pikkewyne is besig om op al die verkeerde plekke te jag as gevolg van die visbedryf en klimaatsverandering. Dit is die bevinding van navorsing deur die Universiteit van Exeter en die Universiteit van Kaapstad.

Jong brilpikkewyne soek gewoonlik wyd in die oseaan vir tekens wat ’n aanduiding is dat daar volop prooi is. As gevolg van klimaatsverandering en visserye bestaan daar egter nou vals tekens van prooi en die pikkewyne trap in wat genoem word ’n “ekologiese slaggat” (ecological trap).

Die navorsing toon dat, as gevolg van hierdie ekologiese slaggate, die oorlewingsyfers onder jong pikkewyne heelwat laer is. Dit het daartoe gelei dat die pikkewyne met sowat 50% minder aanteel.

Jong brilpikkewyne soek vir areas met lae seetemperature en baie chlorofil, wat ’n aanduiding is van baie plankton, wat daartoe lei dat daar baie vis is. Ongelukkig het klimaatsverandering en die visbedryf die vis in sulke areas uitgeroei.



(foto: Sanccob)

No comments:

Post a Comment