'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

11.10.17

Intelligent en kompleks – die hoender

Hoenders is nie die “dom voëls” wat almal dink nie. Elkeen het ’n unieke persoonlikheid. Daar bestaan ’n sekere sosiale rangorde onder hoenders en hulle kan afleidings maak – ’n vermoë wat mense eers op die ouderdom van sewe jaar ontwikkel. Dit is die bevinding van ’n onlangse studie gepubliseer in die joernaal Animal Cognition.

Dit wil voorkom asof hoenders iets verstaan van getalle. Eksperimente met kuikens dui daarop dat hulle ’n begrip het van hoeveelhede en kan dit in ’n reeks van getalle plaas.

Kommunikasie tussen hoenders is ook redelik kompleks. Hulle besit ’n repertoire van visuele vertoon, wat hulle gebruik saam met ’n reeks uitgebreide klanke. Daar is ten minste 24 verskillende klanke wat hulle gebruik vir kommunikasie.

Hoenders ervaar ook verskeie emosies, insluitende vrees, afwagting en angs. Hulle neem ook besluite op wat hulle dink goed is vir hulle in ’n spesifieke situasie. Henne se moederlike instink is baie sterk en sal besluite neem om haar kuikens te bevoordeel.


(foto: Farm Sanctuary)

No comments:

Post a Comment