'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

16.8.17

Straatbrak vind 'n nuwe huis

Toe Bongani deur die Matlosana dierehawe in Stilfontein gevind is was sy met kookwater gebrand en mishandel in die plakkerskamp waar sy gebly het. Suzette Kotzé, eienaar en bestuurder van die dierehawe het die publiek versoek om haar te help om mediese kostes vir die brakkie te dek. Een weldoener was so aangeraak deur die hond se toestand dat sy uit Kanada gevra het of sy haar kan aanneem. Sy het besluit om haar Bongani te noem. Bongani vetrek Woensdag per vliegtuig na Toronto via Amsterdam.

No comments:

Post a Comment