'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

23.8.17

Almal werk saam teen stropers

Hoewel insypings deur stropers in die Krugerwildtuin die afgelope tyd toegeneem het, was daar baie minder suksesvolle stropings. Dit word toegeskryf aan die samewerking tussen Suid-Afrikaanse bewaarders en hul Mosambiekse kollegas, sowel as bystand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. SANParke het ’n skynstropingsaanval-demonstrasie gehou om die samwerking tydens ’n kontak-situasie uit te beeld.

Derick Mashale het verduidelik hoe die drie sogenaamde "stropers" na ’n droë watergat in die noorde van die wildtuin loop om olifante en/of rensoters te soek om te stroop. SANParke se wildbewaarders kry dan inligting van hulle Mosambiekse ewekniee dat daar ’n moontlike insypeling vanaf Mosambiek na die Krugerwildtuin toe is. Tussen die weermag wat ’n wakende oog hou en die bewaarders in die veld, word spore gevind. Die weermag, wat posisie op ’n koppie inneem, kry die presiese ligging van die "stropers" en gee aanwysings. Terwyl die grondpatrollie nog deur die bosse oppad is, bespeur die SANParke vliegtuig van hul lugvleuel die "insypelaars" en " pen" vas terwyl die grondmagte nader beweeg. Gewoonlik ontaard so ’n situasie in ’n skietery, maar dit is ook dan wanneer die weermag, die honde van SANParke se K9-eenheid en ander kollegas tot aksie oorgaan. Rendanie Nethengwe, een van die seksiebewaarders, wys daarna watter toerusting, sowel as moeti, by die "stropers" gevind word. Hy verduidelik ook dat van hulle twee verskillende skone sal dra, of sakke om die skoene om hul voetspore te verduister. Ander dra selfs olifantsole om hul skoene. Nadat die "stropers" gevang is, sal die polisie die formele arrestasieproses oorneem.
- Hanti Otto

No comments:

Post a Comment