'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.5.17

Moordwalvisse jag haaie aan SA kus

Dit wil voorkom asof moordwalvisse tans jag maak op witdoodhaaie aan die Kaapse kus.

Die veiligheidsprogram Shark Spotters het verlede week ’n 4,9 meter witdoodhaai op Gansbaai se strand gevind. Daar was ’n groot gat tussen haar borsvinne. ’n Nadoodse ondersoek het bevind haar lewer is weg. Hierdie inligting, tesame met die feit dat daar verskeie moordwalvisse in die omgewing is, wys die vinger na laasgenoemde. Sedertdien is nog twee witdoodhaaie met soortgelyke wonde gevind.

Hierdie inligting verklaar ook hoekom soveel minder haaie in die omgewing van Gansbaai gesien word die afgelope paar maande.

Moordwalvisse eet seediere en -voëls. Wanneer hulle ’n haai vang verkies hulle om die olieryke lewer te eet.

Al hoe meer moordwalvisse word aan die Suid-Afrikaanse kus gesien, veral tussen Valsbaai en Gansbaai. Hulle hou geen gevaar vir mense in nie, omdat hulle nie naby strande kom nie.

Moordwalvisse is hoogs intelligente diere, baie sosiaal en gebruik gesofistikeerde jagmetodes, wat onder andere behels dat hulle met mekaar praat.

No comments:

Post a Comment