'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.2.17

Waar het slange hulle lang lyf gekry

Vir jare al het wetenskaplikes gewonder oor ’n slang se uitermatige lang lyf. Waar kom dit vandaan? Hoekom is ’n slang se lyf so lank? Navorsers van in Portugal Instituto Gulbenkian de Ciência het in 2016 die antwoord gekry.

Daar is ooglopende verskille in die grootte en vorm van gewerwelde diere, of jy nou ’n slang is of ’n mens, maar almal het ’n kop, ’n lyf en ’n stert. Wanneer ons ontwikkel as ’n embrio ontwikkel ons op ’n spesifieke manier. Dit begin gewoonlik by die kop, dan die lyf en laaste die stert. Alles afhangende van jou spesie se genetiese instruksies.

Die navorsers het bevind dat die geen wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van gewerweldes se lyf en stert net langer aktief is by slange as by die res van ons, en uiteindelik sit hulle met ’n laaaaaang lyf en stert.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Developmental Cell as "Oct4 Is a Key Regulator of Vertebrate Trunk Length Diversity", vir die wat meer wil lees.

Foto: Slangembrio, Francisca Leal, Universiteit van Florida.

No comments:

Post a Comment