'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.11.16

Hoekom hou Labradors so baie van eet?

Heelwat eienaars van Labradors is oortuig daarvan dat hulle honde altyd geïnteresseerd is in kos. Nuwe navorsing toon dat dit dalk geneties is.

Labradors is meer geïnteresseerd in kos en meer geneig om oorgewig te wees as ander honde. Dit blyk uit die navorsing dat omtrent 25% van alle Labradors ’n obsessie het met kos. Dit is een van die redes hoekom dit so maklik is om hulle op te lei as gidshonde.

Amper 400 Labradors is ondersoek vir die studie, getiteld “A deletion in the canine POMC gene is associated with weight and appetite in obesity prone Labrador retriever dogs”, wat gepubliseer is in die joernaal Cell Metabolism.

(foto: Jane Goodall)

No comments:

Post a Comment