'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

19.9.16

Koedoe-kopies

'n Sappige happie tydens die droogte is moontlik wat die koedoebul onlangs in gedagte gehad het toe hy sy opwagting by die OK in Karibib, Namibië gemaak het.
Die Republikein berig dat die eienaars, Bernard en Engela Pieters, kort ná oopmaaktyd bewus geraak het van die koedoe-konsternasie. Die vloer by die groente- en vrugterak was te glad en die personeel kon hom toe vaspen.

No comments:

Post a Comment