'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

28.7.16

Hoekom vries pikkewyne nie?

Verskeie pikkewynspesies woon op plekke waar die temperatuur onder vriespunt daal. Tog bly hulle vere glad en vries dit nie. Wetenskaplikes het maar onlangs uitgevind wat dit moontlik maak.

Wetenskaplikes neem al lank aan dat pikkewynvere redelik waterbestand is, maar kon nooit rêrig verduidelik hoekom die ys nie daarop saampak nie. Dit is wel so dat die water normaalweg sal afloop voor dit vries, maar onder hoë humiditeit of ultra-lae temperature kan ys selfs vashou aan oppervlaktes wat uiters waterbestand is.

’n Studie van Humboldt-pikkewyne in Peru en Chile het die geheim verklap. Die mikroskopiese tekstuur van die vere het die antwoord as jy onder ’n elektronmikroskoop daarna kyk. ’n Netwerk van skerp punte, gekreukelde vesels en ineengevlegte hakkies in samewerking met die normale waterbestande eienskappe maak dit onmoontlik vir die ys om daarop vas te plak.

Die wetenskaplikes boots nou hierdie vere na en ontwikkel tans ys-bestande materiaal en ’n nuwe soort insuleringsmateriaal vir elektriese toestelle.

(foto: Olaf Oliviero Riemer)

No comments:

Post a Comment