'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

4.4.16

Wat kyk jy?

Om te volg en te kyk waar iemand anders kyk is algemeen onder verskeie spesies. Honde is egter spesiaal omdat hulle mense kan navolg en na ’n speelding of kos kan kyk. Hulle kan egter nie saam met ons in die vêrte staar nie.

By Vetmeduni Vienna het navorsers 145 skaaphonde bestudeer in hulle Clever Dog Lab om uit te vind of opleiding ’n hond beïnvloed om saam met ons na dieselfde goed te kyk.

Die bevinding was dat opgeleide honde eerder vir jou sal kyk as om saam met jou na dieselfde voorwerp te kyk. Dit maak natuurlik sin, want op hondeskool wil ons juis ons hond leer om alle aandag op ons te vestig.

(foto Clever Dog Lab / Vetmeduni Vienna)

No comments:

Post a Comment