'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

8.3.16

Honderde vrywilligers help dieretuin in nood

Vele hande maak ligte werk. Te danke aan vrywilligers kon die Johannesburg-dieretuin die naweek sy deure vir besoekers oopmaak. Volgens Jenny Moodley, woordvoerder van die dieretuin, het ongeveer 350 vrywilligers Sondag gehelp om die diere se hokke skoon te maak en hulle te voer nadat stakings die dieretuin Donderdag en Vrydag aan bande gelê het. Vrywilligers het ook Saterdag hand bygesit.

No comments:

Post a Comment