'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

29.2.16

Reusenellie se getalle neem af

Navorsing van 50 jaar oor die charismatiese seevoël, die reusenellie, op die eiland Signy in Antarktika toon dat hulle getalle gehalveer het en die broeisukses gedaal het die afgelope 10 tot 20 jaar.

Die reusenellie met ’n vlerkspan van oor die 2 meter is ’n langafstandreisiger van die suidelike oseaan. Hulle voeding bestaan uit vis, skaaldiere en inkvis. Hulle eet ook van karkasse van pikkewyne en robbe.

Die voëls broei eers wanneer hulle tussen ses en tien jaar oud is en ook nie meer as een kuiken per jaar nie.

Wetenskaplikes bestudeer al die reusenellie op Signy sedert 1968. Op die stadium is daar nie sekerheid oor hoekom die getalle afneem nie. Daar word geraai dat dit plaasvind omdat pakys aan die verminder is en / of omdat hulle voedselbronne geaffekteer word.

Die Suid-Afrikaanse, Namibiese en Angolese kuslyne is van die plekke waar die reusenellie gereeld aandoen.



(foto Alastair Wilson)

No comments:

Post a Comment