'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

14.12.15

Nuwe inligting oor die walvishaai

Ons kennis van die walvishaai is nog beperk. In November vanjaar het ons weer iets van hulle geleer met die publikasie van ’n nuwe studie in die PLOS ONE joernaal.

Navorsers het bevestig dat die haaie baie tyd naby die oppervlak spandeer. Dit was te wagte. Wat nie verwag is nie is dat hulle tot drie dae lank dieper as 50 meter onder die oppervlak bly.

Die walvishaaie se voeding naby die oppervlak bestaan hoofsaaklik uit plankton, meer spesifiek viseiers, maar dit is nog nie duidelik wat hulle eet onder 50 meter nie.

Die walvishaai hou geen bedreiging vir die mens in nie en eet deur water te filtreer, soos sommige walvisse. Die vis het die naam gekry omdat dit so groot is. Die grootste een op rekord het 21,5 ton geweeg, maar daar is aansprake dat daar van die visse is wat meer as 30 ton weeg.

Die spesie is ontdek in April 1828 toe een in Tafelbaai, Kaapstad met ’n harpoen geskiet is.

Die navorsers het elektroniese merkers gehad op 35 walvishaaie in die Golf van Mexiko en op drie in die Golf van Florida.


(foto Marj Awai / Georgia Akwarium)

No comments:

Post a Comment