'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.6.15

Die sosiale vaardighede van honde en wolwe

Dit is voorheen algemeen aanvaar dat honde verdraagsaam is teenoor mense en na hulle luister, omdat hulle so gemaak is deur ons.

By die Messerli Navorsingsinstituut in Oostenrykbevraagteken hulle egter die geldigheid van hierdie siening. Hulle navorsers het bevind dat wolwe, van wie ons honde geteel het, reeds verdraagsaam, oplettend en saamwerk met hulle trop, ’n beginsel wat die basis geword het vir vandag se mens-hond verhouding.

Die navorsers glo dat wolwe nie minder sosiaal is as honde nie. Honde werk makliker saam met mense omdat hulle meer geredelik aanvaar dat mense deel van hul sosiale groep is en dus makliker hul vrees vir die mens verloor.

1 comment:

  1. Anonymous11/6/15 10:24

    Iets in verband

    http://www.newscientist.com/article/dn27675-monkeys-cosy-alliance-with-wolves-looks-like-domestication.html

    ReplyDelete