'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

9.2.15

Karetskilpaaie vrygelaat

’n Paar weke gelede is 17 jong karetskilpaaie vrygelaat ’n paar seemyle van Durban af.

Jong karetskilpaaie oorleef die eerste paar jaar van hul lewens deur in warm oseane rond te dryf. Hulle leef van klein seediere wat naby die oppervlak ko, byvoorbeeld klein jellievisse en klein bloublasies.

Die 17 is gered nadat hulle in verkeerde strome beland het en aan die koue Kaapse kus beland het. Hulle het by die Two Oceans Aquarium in Kaapstad aangesterk vir 6 maande. Na hul herstel is hulle na uShaka Marine World gevlieg vir ’n rehabilitasieprogram. Op 29 Januarie is hulle weer vrygelaat aan Durban se kus.

No comments:

Post a Comment